De Valle Apartment 63 Diaz Beach, Mosselbay

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

De Valle Apartment 63 is 'n selfsorgwoonstel in Mosselbaai. Dit is ideaal geleë - voor die waterwurms en die warmwaterswembad, so dit is absoluut gemáák vir gesinne. Die ten volle gelisensieerde restaurant, skemerkelkiekroeg en surf-skool is ook lekker naby.

Dié woonstel is op die vyfde verdieping en bied slaapplek vir 6 mense in 2 slaapkamers. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed, daar is 'n ekstra slaapbank in die leefarea en die solder het 'n dubbelbed. Linne word voorsien. Die badkamer het 'n stort.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n mikrogolfoond, stoof en oond, yskas-vrieskas, en 'n wasmasjien. Die ontbythoekie het 3 kroegstoeltjies. Die oopplan-leefarea het 'n platskerm-TV met volledige DStv en die leefarea en die hoofslaapkamer bied luisterryke uitsigte oor die oseaan en Robeiland. Daar is 1 motorhuis met 'n afstandbeheerde deur en nog oop parkeerplekke beskikbaar.

Die woonstelgebou het 'n hysbak en daar is 'n groot grasperk wat speelplek bied vir kinders, 'n gemeenskaplike swembad, braaigeriewe, en 'n waskamer in die kompleks.

Al wat De Valle Apartment 63 en Diaz-strand skei, is die teerpad. Langeberg Winkelsentrum en nog ander winkels is net 1,5 km van die woonstel af en avonturiers sal bly wees om te hoor van die doendinge in die omgewing: bootvaarte, skubaduik, haaihokduik en valskermspring.

Slaapplek

'n Bespreking by De Valle Apartment 63 Diaz Beach, Mosselbay sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na De Valle Apartment 63 Diaz Beach, Mosselbay gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za