De Valle No 9

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

De Valle No 9 is 'n gerieflike selfsorgwoonstel vir 4 volwassenes en 2 kinders in Mosselbaai. Dis net 350 m van die strand af.

Die woonstel op die grondverdieping beskik oor 2 slaapkamers wat 'n badkamer met 'n stort deel. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelmatras. Gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gaste kan hul maaltye by die etenstafel geniet.

Die sitkamer het 'n TV en gaste kan hul eie DStv-dekodeerder, -afstandbeheer en -slimkaart saambring. Alle dekodeerders kan geakkommodeer word.

Die leefarea bied toegang tot 'n onderdakstoep en 'n privaat braai-area. Gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembad in die kompleks. Parkeerplek is beskikbaar en troeteldiere word nie toegelaat nie.

De Valle No 9 is 350 m vanaf die Diaz Waterpark, koffiewinkels, restaurante en die strand waar gaste kan visvang, branderplankry en swem. Mosselbaai bied ook verskeie doendinge, soos sonsondergangbootvaarte, 4x4-roetes, bergfietsroetes, voetslaanroetes, valskermspring en sandplankry. Gaste kan ook die Garden Route Casino, die Cape St Blaise-vuurtoring, die Bartlomeus Dias-skeepsvaartmuseum en die Langeberg Mall besoek.

Slaapplek

'n Bespreking by De Valle No 9 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 2 kinders
2 x Kindermatras vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  DVD-speler

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na De Valle No 9 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za