De Ville Island Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

De Ville Island Cottage skuil in die rustige dorp Sedgefield, in die hartjie van die Tuinroete. Dit is binne maklike bereik vanaf verskeie winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede. Dit is ideaal vir 'n gesin of 'n groep vriende.

Dié kothuis beskik oor 2 slaapkamers en het slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee en koffiemaakgeriewe.

Die sitkamer het gemaklike banke en 'n TV met DStv en 'n DVD-speler. Daar is 'n eetarea op 'n beskutte patio.

Die tuin het 'n braai-area en 'n swembad.

Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel.

Die kothuis is stapafstand vanaf die pragtige Swartvleistrandmeer en net 'n entjie vanaf die see, ongerepte strande en verskeie restaurante.

Binne 'n uur se ry vanaf die dorp, sal gaste Knysna vind wat bekend is vir sy pragtige strandmeer en inheemse woud, Oudsthoorn met die bekende Kangogrotte, Plettenbergbaai en Stormsriver. Sedgefield is 45 km vanaf George se lughawe en halfpad tussen Kaapstad en Port Elizabeth, wat dit die ideale bestemming maak.

Slaapplek

'n Bespreking by De Ville Island Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na De Ville Island Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za