De Waal Drive 68

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

De Waal Drive 68 is 'n bekoorlike selfsorghuis slegs 200 meter van die strand af. Dit is die ideale akkommodasie vir 'n groot gesin of 'n groep vriende. Die huis het slaapplek vir 6 mense. Dit is ook naby wonderlike visvang- en duikplekke.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer, en die tweede en derde slaapkamers het elk 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Die kamers deel 'n badkamer.

Die kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas, vrieskas, stoof, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n wasmasjien beskikbaar vir ekstra gerief. Die kombuis lei na 'n oopplan-leefarea met 'n eetkamerarea en 'n TV. Gaste is welkom om hul eie dekodeerder en slimkaart saam te bring vir DStv. Daar is ook 'n aparte sitarea met binnenshuise braaigeriewe.

Die leefarea lei na 'n dekarea vanwaar lieflike see-uitsigte geniet kan word.

Struisbaai het 'n skilderagtige strand wat 14 km van Struisbaai tot by Arniston strek. Die strand is ideaal vir watersport, soos kajak, bootvaart, branderplankry, visvang, vlieërbranderry, lekker langs die strand stap, skulpe optel en walviskyk. Kyk ook uit vir die pragtige, reuse pylstertvisse wat in hierdie waters voorkom.

Slaapplek

'n Bespreking by De Waal Drive 68 sluit in:

2 x Enkelbed / Driekwartbed
2 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite

Elektriese Toebehore

  •  Yskas

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na De Waal Drive 68 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za