De Zonnebloem Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hartlik welkom by De Zonnebloem Gastehuis in Van Riebeeck straat 8, Bethlehem.

De Zonnebloem is ‘n gesellige, veilige gastehuis met 5 slaapkamers, ‘n ten volle toegeruste kombuis en 'n lieflike sit- en eetkamer met groot skuifdeure wat uitkyk oor ‘n pragtige tuin. Gaste geniet hierdie lieflike tuinuitsig vanuit al die kamers. Die gastehuis het ‘n baie privaat atmosfeer en ‘n veiligheidsmuur reg rondom die perseel.

Waar is ons geleë:

De Zonnebloem Gastehuis is gerieflik geleë in Bethlehem, in die pragtige omgewing van die Oos-Vrystaat, sentraal Suid-Afrika. Ongeveer 27 km vanaf die juweel van ‘n kunstenaarsmekka, Clarens. Nabygeleë aan die asemrowende Golden Gate.

Afstand vanaf Bloemfontein: ongeveer 270 km.
Afstand vanaf die OR Tambo Lughawe in Johannesburg: ongeveer 250km.
Koördinate: 28º14'33.76°S
28°18'57.38°E

Maaltye beskikbaar:
Ontbyt, middagetes, aandetes en interessante kospakkies beskikbaar op aanvraag.

Hoekom De Zonnebloem:

Ontwaak met die sang van voëltjies en die koer van duiwe in ‘n stil, rustige omgewing.
Ons is nabygeleë aan hospitale, die lughawe, nuwe Dihlabeng Mall, die Frontier Casino, goeie restaurante, gholfbaan, tennisbane en rolbalbane. Alles binne 'n radius van 5 km.
Groepe of families kan die hele huis, met 4 dubbelbeddens en 5 enkelbeddens, bespreek vir ‘n enige spesiale geleentheid. Ingesluit hierby, die kombuis en lieflike leefarea en braaigeriewe.

Kamer 1: Baie ruim vertrek met 1 dubbelbed en 2 enkelbeddens en 'n bad en stort (en suite).

Kamer 2 en 3: 1 dubbelbed en 'n en suite-stort. Die kamer het ook 'n lessenaar, DStv, 'n privaat ingang en 'n mooi uitsig op die tuin.

Kamer 4: 3 enkelbeddens en 'n privaat badkamer (nie en suite) asook DStv.

Kamer 5: Baie ruim vertrek met 1 dubbelbed en 'n en suite-stort. Die kamer het 'n lessenaar en 'n privaat ingang met ‘n mooi uitsig op die tuin.

Kombuis: Die kombuis is ten volle toegerus met ‘n: vierplaatstoof, 2 groot oonde, 1 mikrogolfoond, 1 yskas-vrieskas, breekware vir 12 persone en daar is 'n gerieflike eetkamer en sitkamer (met DStv) en skuifdeure na die tuin.

Geriewe: kaartfasiliteite, veilige parkeerplek van die straat af, DStv in al die kamers, asook in die sitkamer, elektriese komberse op elke bed, verwarmers in slaapkamers, koffie- en teemaakgeriewe, 'n rustige tuin waarin jy kan ontspan met braaigeriewe, daaglikse skoonmaakdiens en die eenhede is troetediervriendelik.

Daar is konferensiegeriewe vir 12 persone beskikbaar en die instansie is in 'n malaria-vrye gebied.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Witborde
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na De Zonnebloem Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za