Palm Beach Akkommodasie by Deck to Sea | LekkeSlaap
+17

Deck to Sea

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 75 David Livingstone Rylaan , , Palm Beach, 4093, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Deck to Sea is geleë in die klein dorpie Palm Beach. Dit is tussen Margate aan die Hibiscuskus en Port Edward aan die suidkus van KwaZulu-Natal.

Hierdie bekoorlike houthuis het slaapplek vir 6 gaste. Die huis het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer maak oop op die veranda vanwaar gaste die voëls in die boomtoppe of die walvisse en dolfyne in die see kan dophou. Elk van die 3 slaapkamers het 'n koningingrootte-bed. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die tweede badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Linne en handdoeke word voorsien. Elke slaapkamer beskik oor 'n waaier.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en het ook 'n aparte opwaskamer met 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die hoofleefarea het 'n oopplan-uitleg en lei na die houtdek met gemaklike patio-meubels van hout en braaigeriewe. Gaste kan die asemrowende uitsigte oor die Indiese Oseaan van die dek af geniet. Daar is onderdakparkeerplek beskikbaar vir 2 voertuie.

Geriewe beskikbaar teen 'n ekstra koste sluit 'n skoonmaakdiens en DStv in. Die huis is in 'n kompleks met 'n swembad en nagwag.

Palm Beach is 'n groot, ongerepte stuk kuslyn en net 'n kort entjie weg van die kompleks af. Dit is perfek vir lang wandelinge, snorkel, swem en visvang. Die Mpenjati Wildreservaat het lekker voetslaanroetes vir avonturiers. Daar is 11 top gholfbane tussen Port Edward en Illovo. Gaste is welkom om deel te neem aan die watersport op die Umtamvuna-rivier. Dit sluit vlieërbranderry in. Branderplankry, die strandmeer en diepseevisvang is alles ook beskikbaar vir gaste se genot.

Slaapplek

’n Bespreking by Deck to Sea sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 4 persone
2 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 6 persone
3 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 1 resensie vir Deck to Sea
Netheid
4.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • 75 David Livingstone Rylaan , , Palm Beach, 4093, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Deck to Sea het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 75 David Livingstone Rylaan , , Palm Beach, 4093, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGY1ZWNlODU1LTAzZjYtNGZlMS04Y2IzLTgxNWExZDBhNjMxMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 500  per nag (plek vir 6) 1 5 1 4 75 David Livingstone Drive 12 Forest Homes 4093 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.983910431615 30.274832129955
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za