DejaBlu Beach Apartment by CTHA

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

DejaBlu Beach Apartment by CTHA is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Big Bay in Kaapstad. Die kompleks is deel van 'n leefstylsentrum met restaurante, kruidenierswinkels en winkels.

Die woonstel op die derde verdieping het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n dakvenster, stort, wasbak en 'n toilet. Die oopplan-kombuis is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, elektriese stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, wasmasjien, breekware, eetgerei en kookgerei.

Die leefarea langsaan het 'n platskerm-TV met DStv-hotelpakketkanale en lei na 'n groot stoep met buitemeubels en braaigeriewe. Die woonstel het ook 'n klein kluis om waardevolle items in te stoor en internettoegang.

Die woonstel word via 'n hysbak of 'n trap bereik en daar is 2 veilige, aangewese parkeerplekke vir 2 voertuie. Die kompleks is lekker naby die strand, sowat 22 km van Kaapstad se middestad af, en 30 km van Kaapstad Internasionale Lughawe af.

Slaapplek

'n Bespreking by DejaBlu Beach Apartment by CTHA sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na DejaBlu Beach Apartment By CTHA gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 150 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za