Manaba Akkommodasie by Del Este 7 | LekkeSlaap
+25

Del Este 7

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Collisonstraat 38, 7 Del Este, Manaba Beach, 4276, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 300 per nag (vir 6 persone)

Beskrywing

Del Este 7 bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n drieslaapkamerwoonstel in die Del Este-kompleks in Manaba Beach in Margate, met 'n lieflike see-uitsig vanaf die ruim stoep. Die woonstelkompleks is gerieflik net 180 m van Lucien Beach af geleë en die ligging bied toegang tot winkels, restaurante, OTM's en winkelsentrums in die area.

Die woonstel beskik oor 3 slaapkamers, elkeen met 'n plafonwaaier. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 'n tweede badkamer met 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet. Die woonstel beskik ook oor 'n oopplan-leefarea wat na die groot stoep lei wat oor die see uitkyk. 'n Deel van die stoep is onderdak. Die woonstel spog met 'n kuier- en kroegarea met 'n yskassie en ingeboude braaigeriewe waar hout en houtskool gebruik kan word.

Die kombuis is vir selfsorg toegerus en sluit 'n yskas, oond, stoof en aparte vrieskas in. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Gaste wat DStv wil kyk moet asseblief onthou om hulle eie dekodeerder en slimkaart saam te bring. Let asb. op dat 'n Explora-dekodeerder nie sal werk nie. DStv kan teen 'n daaglikse koste gehuur word. Badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hulle eie strandhanddoeke saambring. Gaste het toegang tot onderdakparkeerplek en 'n toesluit-tandemmotorhuis.

Slaapplek

’n Bespreking by Del Este 7 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Collisonstraat 38, 7 Del Este, Manaba Beach, 4276, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 300
per nag (vir 6 persone)
Vanaf R1 300
per nag (vir 6 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Collisonstraat 38, 7 Del Este, Manaba Beach, 4276, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAZ9TU2Pb1r97wCgHp2D9DgHb1VuwxCCLHCHkWT7XWUxVgZhrx7Q?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 300  per nag (vir 6 persone) 38 Collison Street 7 Del Este 4276 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 09:00 -30.853964091573 30.381004733135
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za