LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Del Su Me | LekkeSlaap
+24

Del Su Me

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Del Su Me, Lagoon-weg, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R910 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Del Su Me bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n woonstel met 3 slaapkamers. Dit is in 'n kompleks langs die strandmeer geleë wat in Margate se hoofstrand invloei. Die kompleks is ideaal geleë om langs die strand te gaan stap en dis naby restaurante en kroeë.

Die woonstel het lugversorging en is in die hoek van die kompleks op die eerste vloer geleë. Dit kyk uit oor die strandmeer en het gedeeltelike uitsigte oor die see. Die woonstel bestaan uit 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-leefarea en -kombuisarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n skuifdeur wat na die balkon lei. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie 2 kamers deel 'n badkamer wat beskik oor 'n stort. Elke slaapkamer het 'n kopstuk en bedkassies van rodiumhout, 'n spieëltafel en oorgenoeg kasplek.

Die kombuis het graniettoonbanke en is toegerus vir selfsorg met 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n oond, 'n stoof en 'n ketel. Daar is ook 'n tuimeldroër. Die kombuis beskik oor 'n ontbyttoonbank en lei na die gerieflike sitarea met 'n sitkamerstel van leer, asook 'n TV met 'n DVD-speler en sekere DStv-kanale. Daar is skuifdeure wat na 'n gedeeltelike beskutte balkon lei met 'n patio-stel, 'n sonstoel en braaigeriewe. Gaste kan uitsigte oor die strandmeer van die balkon af geniet.

Die woonstel is veilig met traliesekuriteitshekke op al die vensters en deure en die kompleks het ook 'n elektriese heining en afstandbeheerhekke. Daar is veilige onderdakparkeerplek vir 2 voertuie.

Die kompleks beskik oor 'n gemeenskaplike swembad en 'n gemeenskaplike braai-area op die grasperk. Die kinders kan lekker op die gras speel of visvang in die strandmeer. Margate-strand het talle doendinge, van openbare swembaddens tot restaurante en kroeë langs die strand. Die dorp het ook baie wegneemeetplekke, restaurante, kroeë en nagklubs. Ander doendinge aan die Suidkus sluit Oribi Gorge, Dezzi Raceway, verskeie gholfbane, duikplekke, wildreservate en adrenalien-aktiwiteite in.

Slaapplek

’n Bespreking by Del Su Me sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Del Su Me, Lagoon-weg, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R910
per nag (plek vir 6)
Vanaf R910
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Del Su Me, Lagoon-weg, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDkzOWQ4NTQyLTEwZGEtNDhkMy05YmQ2LTk4OGUzNDcwMTc2Yw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R910  per nag (plek vir 6) Del Su Me 13 Lagoon Road 4275 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-23:00 09:00 -30.858225498449 30.372508833205
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!