Delightful Self-Catering Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Delightful Self-Catering Cottage is pragtig ingerig en geleë in 'n veilige, mooi en stil woonbuurt in Houtbaai. Dié goed toegeruste kothuis het ondervloerse verhitting en lugversorging, en is langs 'n privaat gesinshuis. Daar is slaapplek vir 2 gaste, maar 2 ekstra gaste kan ook in die solder geakkommodeer word.

Die kothuis het toegang tot verskeie voetslaanpaaie in Tafelberg Nasionale Park, en is 8 minute vanaf die strand, pragtige restaurante, winkels, Kirstenbosch en die Constantia-wynvallei.

Die huis het 'n oopplan-uitleg en is lekker sonnig, skoon en goed onderhou. Daar is 'n heerlike buite-area met 'n uitsig op die berge waar gaste die suikerbekkies kan dophou wat nektar uit die proteas kom drink.

Die kamer se en suite-badkamer het 'n dubbelstort en -wasbak. Daar is ook 'n eetarea en kombuis met breekware, eetgerei, yskas, elektriese ketel, broodrooster en mikrogolf. Gratis hoëspoed-internet (tot 18 mbps) is beskikbaar via WiFi of 'n USB-koppelpunt.

Linne en handdoeke word voorsien. Die kothuis het 'n dubbelbed en 'n klein solder met slaapplek vir 2 ekstra gaste. Die solder is meer geskik vir kinders. Let daarop dat die kothuis 'n oopplan-uitleg het. 'n Weber-braai, bababed en stootwaentjie kan teen ekstra koste voorsien word.

Daar is 'n speelparkie met 'n boomhuis, swaaie, glyplank en trampolien om die kleinspan besig te hou, asook skilpaaie en goudvissies om te voer.

Gratis parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Delightful Self-Catering Cottage sluit in:

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep
  •  Ondervloerse verhitting

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Internet koppeling
  •  Koordlose Internet

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Vlaams
  •  Frans
  •  Duits

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Klein Kombuis
  •  Ondervloerse verhitting

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Delightful Self-Catering Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za