LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Delphinus House | LekkeSlaap
+10

Delphinus House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Cockburn Straat, , Kaapstad, 7945, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R12 000 per nag (vir 10 persone)

Beskrywing

Delphinus House is in Glencairn Heights geleë, wat hoog in die berge is met 'n uitsig oor Valsbaai. Delphinus is gerieflik net 40 km van die Kaapse middestad af geleë.

Die ruim huis het 5 slaapkamers, 2 gewone badkamers en 1 en suite-badkamer. 3 van die slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed en die 2 ander kamers beskik elk oor 'n koninggrootte-bed. Een van die kamers het ook 'n ekstra enkelbed. Die eerste badkamer is ingerig met 'n bad en stort, die tweede badkamer beskik oor 'n bad en die derde badkamer het net 'n stort. Al die badkamers het toilette en wasbakke en die hoofslaapkamer se badkamer is en suite.

Die leefarea en kombuis het 'n oopplan-uitleg en die kombuis is goed toegerus om maaltye voor te berei. Daar is ook 'n wasmasjien en skottelgoedwasser vir ekstra gerief. Gaste kan lekker ontspan in die leefarea wat goed ingerig is met gemaklike rusbanke, 'n Dover-houtstofie en 'n platskerm-TV met volledige DStv. Die leefarea lei na 'n veranda wat asemrowende uitsigte oor die berge bied. Die huis het ook 'n kroeg en vermaakarea wat gaste welkom is om te gebruik.

Glencairn Heights bied 'n hele aantal voetslaanroetes en 'n veilige swemstrand met baie rotspoele. Die voorstad is gerieflik geleë ten opsigte van al die vernaamste toeriste-besienswaardighede in die gebied insluitend die pikkewyne by Boulders-strand, die Kaap van Goedehoop Natuurreservaat en Kaappunt. 'n Hele paar van die gewildste branderplankry-plekke in Kaapstad is ook na aan ons insluitend Muizenberg en Kommetjie.

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Skoonheidskliniek
  • Spa-behandelinge
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant

Ligging

  • 1 Cockburn Straat, , Kaapstad, 7945, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R12 000
per nag (vir 10 persone)
Vanaf R12 000
per nag (vir 10 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Cockburn Straat, , Kaapstad, 7945, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGU4NjRiYjdhLTM5NjctNGYyMS1hOGZmLWM4YWNlODc1M2RkZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R12 000  per nag (vir 10 persone) 1 Cockburn Street Glencairn Heights 7945 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.152827386482 18.429606152115
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!