LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Desert Dew Guest House | LekkeSlaap
+64

Desert Dew Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 25 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Modderfonteinplaas, Victoria-Wes, 7070, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R989 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Desert Dew Guest House is op die Modderfonteinplaas in Victoria-Wes, 35 km vanaf Drie Susters op die N1 geleë. Dié gastehuis het ook 'n ingang vanaf die N12.

Desert Dew Guest House is onlangs uitgebrei en die Vellewaenhuis is in 3 selfsorg-chalets omskep. Dié moderne eenhede is perfek vir 'n gesin. Daar is 6 kamers en 3 selfsorg-chalets beskikbaar. Die kamers is ruim en die 2 luukse kamers het elkeen 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Linne en handdoeke word voorsien.

Die plaas het slaapplek vir 32 gaste en bied verblyf wat aan alle voorkeure voldoen.

Desert Dew Guest House se plaaskombuis is die perfekte plek vir gaste op soek na outydse Karoo-kos met 'n moderne invloed. Vars plaaseiers, smullekker Karoo-lamsvleis en seisoenale groente wat jou smaakkliere sal bederf!

Die Perdeskoenberg op die plaas is die hoogste punt in 'n reguit lyn tussen Kaapstad en Johannesburg. Desert Dew Guesthouse lê halfpad tussen Kaapstad en Gauteng en is die perfekte plek om te ontspan voor die lang reis wat voorlê. Dié gastehuis ontleen sy naam aan die 6 fonteine op die plaas.

'n Grondpad van 14 km lei na die gastehuis.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gimnasium

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 25 resensies vir Desert Dew Guest House
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.1/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Modderfonteinplaas, Victoria-Wes, 7070, Noord-Kaap
  • Gaste dink Desert Dew Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Drie Susters Noord-Kaap
Vanaf R989
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R989
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 25 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Modderfonteinplaas, Victoria-Wes, 7070, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRjZDFlZGYyLTZiMzUtNDRjNS1hYTIzLWQ4MjJmNzkxODc3Yw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R989  per nag (vir 2 persone) 25 5 1 5 Modderfontein Farm Victoria West 7070 Noord-Kaap 086 999 0018 15:00-20:00 10:00 -31.733083333333 23.259833333333
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!