Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

DeVosRus Gastehuis

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Stinkhoutstraat 14, Kathu, 8446, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 250 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

DeVosRus Gastehuis is in 'n woonbuurt in Kathu en word deur die Eienaar self bestuur. Daar is geen beurtkrag by Devosrus Gastehuis nie. Die verblyf is 'n ideaal vir sakereisigers of vir diegene opsoek na 'n halfpad oornagstop in die Noordkaap, oppad na Namibië, Botswana. Kgalagadi of Augrabies of selfs vir blomme kykers wat na Namakwaland reis.

Verblyf is beskikbaar in 6 selfsorg-kamers en 3 van die kamers het elk 'n dubbelbed en die ander 3 kamers het elk 'n dubbel- en driekwartbed. Sommige kamers het 'n 70" slim-TV en gaste kan hul eie besonderhede gebruik om Netflix of Showmax te kyk. Daar is ook een van die Eksklusiewe kamers wat 'n Espresso koffiemasjien (lavazza - italiaanse koffie kapsule) in die kamer het. Al die kamers het en-suite badkamers wat 'n instapstort, toilet en 'n wasbak het. Verder is daar lugversorging, gratis onbeperkte WiFi (met ekstra versenders) en 'n platskerm-TV met die volle DStv-pakket. Daar is 'n groot yskas, mikrogolfoond, tafels en stoele in elke kamer. Elke kamer het sy eie geiser sowel as 'n waterversagter.

Parkeerplek met 'n hoogte beperking van 2,4m onder afdakke, word voor die kamers voorsien en daar is geslotekring-televisiekameras op en buite rondom die perseel. Die parkeerplek kan nie van die straat af gesien word nie en is daar is 'n elektroniese hek.

Daar is 'n toegewyde rook- en kuier area met tafels en bankies - onder 'n afdak met gratis onbeperkte wi-fi op die hele perseel.

Die Kalahari Buiteklub, waar die Golfbaan is, is slegs 3,4km van die gastehuis af.

Daar is 'n 11 m lange swembad en 'n 80 000 liter-khoidam.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
WiFi
Wassery naby
Wasgoeddiens
Swembad
Toeganklik vir kosaflewerings-apps

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 61 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Elizna H
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflik en mooi. Dit is 'n lieflike gastehuis met 'n lekker ligging. Die eienaars is vriendelik en baie behulpsaam. Sal met graagte weer daar slaap....
Sien meer
Apr 2025
Divan S
Besigheidsreis
5.0
Onspannend, gemaklik, bederf. Een van die lekkerste plekke wat ek al gebly het.
Feb 2025
Wayne M
5.0
Peaceful and felt at ease. Hostess was very friendly and delivered excellent service. Will definitely recommend this guesthouse to anyo...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2025
Johan D
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker plek. Baie lekker gebly, skoon, netjies en vriendelik.
Des 2024
Corrie P
Saam met lewensmaat
5.0
Sal weer terugkeer na DeVosRus. Lekker geslaap by DeVosRus Gastehuis. Baie netjies en 'n lekker ruim kamer.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Arista Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 61

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Stinkhoutstraat 14, Kathu, 8446, Noord-Kaap
  • Gaste dink DeVosRus Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 250
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 250
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Stinkhoutstraat 14, Kathu, 8446, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe1a3d9bbbea7694d385c5e2accdd0486b01804ed1bd1be0b06f8b42a18f4f132860eba9161b408c539698e17e7287575b2d5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag, vir 2 mense 61 5 1 5 14 Stinkhout Street Kathu 8446 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 09:00 -27.687808553467 23.044001475009

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang