Diamonds 'n Daisies

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Diamonds 'n Daisies is in Kleinzee geleë, 'n klein dorpie langs die weskus van die Noord-Kaap. Kleinzee is veral bekend vir sy diamant-mynbedryf.

Die huis het 3 slaapkamers en 1 badkamer, asook 'n gastetoilet. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer 'n tripelstapelbed en die derde slaapkamer 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort en 'n bad.

Die kombuis is toegerus met 'n mikrogolfoond, ketel, breekware, eetgerei, elektriese pizza-oond, 'n stoof, oond, elektriese braaipan, potte, panne, vadoeke, broodrooster en 'n draagbare radio. Die waskamer het 'n wasmasjien, tuimeldroër, strykplank en 'n strykyster. Die leefarea het koffietafels, 'n TV met 'n HD-dekodeerder en oorspronlike skilderye van plaaslike kunstenaars. Die leefarea het 'n gemakshoekie met 2 gemaklike stoele, koffietafels met boeke en 'n gemaklike dagbedjie. Daar is 'n speelhoekie vir kinders met 'n swartbord met hout bankies. Die eetarea het 'n tafel net sitplek vir 6, kaarte en inligting oor die omgewing. Daar is ook 'n dubbeldeur yskas-vrieskas wen 'n spesiale etenstafel vir kinders.

Die huis lei na 'n onderdak patio met tafels en stoele. Daar is ook ekstra stoele wat kan opvou, vlekvryestaal tafel en 'n draagbare braai. Die eiendom het 'n groot grasperk wat ideaal is vir kinders om op te speel.

Diamonds 'n Daisies is stapafstand vanaf die winkel, bakkery, drankwinkel, slaghuis, kunswinkels en die Medical Rescue On Call paramedies.

Slaapplek

'n Bespreking by Diamonds 'n Daisies sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Tripelstapelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Diamonds 'n Daisies gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 7)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za