Barbeton Mountain Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Barbeton Mountain Lodge is 'n selfsorg-lodge in die skilderagtige berge van Barberton in Mpumalanga. Ideaal vir 'n romantiese wegbreek of 'n rustige wegbreek vir 'n klein gesin naby heelwat doendinge.

Akkommodasie beskik oor 2 eenhede en ons bied slaapplek aan 8 gaste. Die Berghuisie het slaapplek vir 4 gaste en bestaan uit 2 slaapkamers, 1 dubbelbed en 2 enkelbeddens. Dit het 'n kombuis, kaggel in die sitkamer en 'n gedeelde badkamer met bad. Dié kothuisie het ook 'n houtdek wat uitkyk op die berge, 'n braai-area met hout en 'n fonteinwater-rotspoel, met 'n pragtige uitsig op die Laeveld se sonsondergange.

Die Houthuisie staan op stelte en bestaan uit 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Die badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet, en daar is ook 'n oopplan-kombuis en -sitkamer. Geriewe in die kombuis: yskas-vrieskas, mikrogolf, oond met stoof en ander toebehore. Die sitkamer het netjiese, gemaklike sitplek en 'n elektriese verwarmer wat jou sal warm hou in die winter. Die eetkamertafel is van hout en daar is sitplek vir 4 persone. Verder is daar ook braaigeriewe, 'n rotspoel en 'n veranda waarop vir die sonsondergang kan sit en kyk. Die eenheid is weggesteek tussen die bome in dit tuin en bied absolute privaatheid en veilige parkeerplek.

Barbeton Mountain Lodge is afgesonder en word omring deur berge, oorvloedige natuurskoon, volop voëllewe en asemrowende uitsigte oor die Barbertonvallei. Klop by ons aan en verken die unieke fauna en flora, en die geskiedenis in die berge. Opwindende doendinge in die omgewing: bergfietsry, vlerksweef en stap.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Forelhengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Barbeton Mountain Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]