Delmas Akkommodasie by Blou Windpomp Guest Lodge | LekkeSlaap
+70

Blou Windpomp Guest Lodge

  • Kapasiteit: 34 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lanbouhoewe Nommer 1, Hoek van no. 8 en Springs-weg, Eloff, 2211, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R650 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Blou Windpomp is 'n gaste-lodge net 3 km buite Delmas. Dit is op die Eloff/Springs-pad geleë in 'n pragtige, plattelandse landbougebied met maklike toegang tot Suid-Afrika se ekonomiese hartland ? Johannesburg, Pretoria en eMalahleni. Ons is ook net 25 minute van die OR Tambo Lughawe af.

Ons grasdak-kothuise is gebou in 'n Suid-Afrikaanse pionier-styl. Elke kothuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, tweeplaatstoof en oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, potte en panne en algemene kookgerei en eetgerei. Ons voorsien komplimentêre koffie, tee, rooibostee, suiker, verromer/melk, beskuit/koekies, sout, peper, braaisout, skottelgoedseep, skrop-sponsies en skottelgoedlappies. Elke eenheid het 'n TV met DStv, gratis WiFi, braaigeriewe, onderdakparkeerplek en hul eie stoep.

Die eenhede word volledig onderhou en skoongemaak op 'n daaglikse basis, behalwe oor naweke en openbare vakansiedae. Beddegoed en linne word voorsien en skoon handdoeke en nuwe seep en toiletpapier word ook voorsien. Daar is 'n wasgoeddiens beskikbaar teen 'n ekstra koste.

Hout, houtskool, vuuraanstekers, ys en gaskoeldranke kan gekoop word by ontvangs. Die swembad en buite-lapa is beskikbaar vir alle gaste. Ontbyt en aandete word bedien op versoek, teen 'n ekstra koste. Besprekings is noodsaaklik. Al die eenhede het hul eie sekuriteitstelsel met 'n alarm en kan individueel aangesit word. 'n Afstandbeheer is vas aan jou kamersleutel vir maklike toegang deur die hoofhek.

Doendinge in die area sluit perdry, fiets- en bergfietsry in.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 14 resensies vir Blou Windpomp Guest Lodge
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Lanbouhoewe Nommer 1, Hoek van no. 8 en Springs-weg, Eloff, 2211, Mpumalanga
  • Gaste dink Blou Windpomp Guest Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Delmas Mpumalanga
Vanaf R650
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R650
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 34 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lanbouhoewe Nommer 1, Hoek van no. 8 en Springs-weg, Eloff, 2211, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDNiZDc0ZjJlLTFmNDAtNDAyYS04ZGI2LWViODFkMjE4Njg3ZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R650  per nag (vir 2 persone) 14 5 1 5 Agricultural Holding No.1 C/o Road no. 8 & Springs Road 2211 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -26.159361077116 28.641709326506
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za