Die Bok

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Bok-lodge is in Marloth Park geleë en is omring deur die pragtige Bosveld. Marloth Park grens aan die Krugerwildtuin wat Die Bok die ideale blyplek maak vir gaste wat daguitstappies na die wildtuin beplan.

Die Bok het 3 ruim en suite-slaapkamers met slaapplek vir tot 6 gaste op 'n slag. Elke kamer het 'n balkon met 'n uitsig oor die bosveld waar gaste nuuskierige besoekers sal gewaar. Die kamers het elk 2 driekwartbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Beddegoed, linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en die sitkamer het gemaklike sitplek, 'n TV en 'n DVD-speler. Gaste is welkom om hul eie DStv-dekodeerder saam te bring.

Die lodge het ook 'n swembadjie en braaigeriewe wat gaste kan benut. Daar is ook 2 onderdak-parkeerplekke vir gaste gedurende hul verblyf.

Gaste kan verwag om sebras, koedoes, bosvarke en ander wild deur dag te sien. Saans sal gaste die gebrul van leeus in die verte hoor terwyl hulle om die braaivleisvuur kuier. Marloth is ook die ideale plek vir voëlkyk.

Slaapplek

'n Bespreking by Die Bok sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Toiletware

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Die Bok gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R570 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za