Ferreira Town Akkommodasie by Die Branders | LekkeSlaap
+23

Die Branders

6 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Da Gama-straat 141, Jeffreysbaai, 6331, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 600 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Die Branders Nr 6 is 'n selfsorgwoonstel op die derde vloer van 'n woonstelblok reg op die strand in Ferreira Town, Jeffreysbaai. Die woonstel bied asemrowende uitsigte op die strand en die branders, so dis nét die plek om te ontspan en batterye te herlaai.

Die ruim woonstel bied gerieflike slaapplek vir 4 volwassenes en 4 kinders. Daar is 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea. Die hoofslaapkamer beskik oor 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die derde slaapkamer het 2 stapelbeddens en dis ideaal vir kinders. Die tweede en derde slaapkamers deel 'n tweede badkamer. Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en sluit 'n yskas, vrieskas, stoof, oond en 'n ontbythoekie met stoele in. Die eetkamertafel bied gemaklike sitplek vir 6 mense. Daar is gemaklike sitplek in die sitkamer sowel as 'n TV met DStv. Die leefarea bied toegang tot die balkon met 'n draagbare Weber-braai en see-uitsigte.

Die Branders bied ook 1 enkelmotorhuis en 1 skadu-parkeerplek.

Dit is binne maklike stapafstand vanaf 'n Spar-winkel, 'n Engen-vulstasie en verskeie ander supermarkte. Dis die ideale vakansiebestemming vir gesinne of groepe vriende.

Slaapplek

’n Bespreking by Die Branders sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Stapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 4 persone
2 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 6 resensies vir Die Branders
Netheid
4.2/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Da Gama-straat 141, Jeffreysbaai, 6331, Oos-Kaap
  • Gaste dink Die Branders het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Da Gama-straat 141, Jeffreysbaai, 6331, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcxfoo9zb7EfkyCHepFjkYI6vrPyYYd6azdzuhTmtirEcrBq1QV?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 600  per nag (plek vir 6) 6 5 1 5 141 Da Gama Road Jeffrey's Bay 6331 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 09:00 -34.034517 24.931193
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za