Die Eike Guesthouse
- Kapasiteit: 22 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Die Eike Plaas, Slanghoekpad, Rawsonvillle, 6845, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 100 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Die Eike Guesthouse is in die asemrowende Slanghoekvallei op die Breedekloof-wynroete geleë. Dié vallei vorm deel van die Breedevallei met Worcester as die naaste dorp sowat 20 weg. Die Eike skuil aan die voet van die Badsberg en is sentraal op die wynroete geleë.
Die gastehuis beskik oor 8 kamers waarvan 3 gesinskamers is en 5 dubbelkamers. Elke gesinskamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens in 'n aparte kamer en 'n en suite-badkamer.
Daar is 'n swembad op die perseel en 'n houtdek waar gaste 'n glas wyn kan geniet terwyl hulle die uitsig oor die wingerd en ou eikebome aanskou.
Die ou wynkelder op die perseel dateer uit die 1800's en is in 'n lieflike trou-venue omskep. Konferensies en klein funksies kan ook daar gehou word. Daar is 'n kroeg met voorraad en lugversorging ook.
Daar is 21 bekroonde wynplase in die omgewing en 'n verskeidenheid restaurante en bistros. Geniet goeie gasvryheid, uitstekende wyn en heerlike kos in een van die mooiste valleie in die land.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Rolstoelvriendelik
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Piekniek-middagete
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Dataprojektor
- DVD-speler
- Blaaibord
- Witborde
- Internet
- Televisie
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Die Eike Plaas, Slanghoekpad, Rawsonvillle, 6845, Wes-Kaap
- Gaste dink Die Eike Guesthouse het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Rawsonville Boland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 22 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Die Eike Plaas, Slanghoekpad, Rawsonvillle, 6845, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom