Die Katte

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Katte is in Vosburg en bied gehalteverblyf ideaal vir gesinne, sakereisigers en oornaggaste.

Die verblyf beskik oor 3 eenhede, naamlik Haroldt met 2 slaapkamers, Tokkie met 2 slaapkamers en Jasper wat 'n oopplan-eenheid is.

Haroldt beskik oor 2 slaapkamers, elk met 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is ten volle toegerus en het 'n stoof, oond, yskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Die sitkamer het gemaklike sitplek en die leefarea en al die slaapkamers het lugversorging.

Tokkie beskik oor 2 slaapkamers, waarvan een slaapkamer 1 enkelbed het en die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens. Die kombuis is ten volle toegerus en het 'n stoof, oond, yskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Die leefarea het gemaklike sitplek en 'n houtvuurstoofoond. Die slaapkamer met 2 enkelbeddens het lugversorging en die enkelkamer het 'n plafonwaaier. Die eenheid deel die gebruik van 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Elke eenheid het 'n patio en braaigeriewe wat gaste kan benut.

Jasper is die kleinste van die 3 eenhede en beskik oor 'n oopplan-uitleg met 'n dubbelbed en 'n aparte badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die het 'n volledige toegeruste kombuis met 'n stoof, oond, yskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Daar is ook 'n toesluitmotorhuis vir gaste beskikbaar.

Vosburg is 'n pragtige ou Karoo-drop met groot skadubome. Daar is 2 koffiewinkels in die dorp wat maaltye bedien, naamlik Rick's Karoo Winkel, oorkant Die Katte en Die Ketel, by die ingang van die dorp.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Die Katte gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R780 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false