Die Kleipot Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Kleipot Guest House is 'n veilige en bekostigbare gastehuis met 'n groot, rustige tuin. Ons is in die bodorp geleë en is die ideale oornagplek vir diegene wat tussen Johannesburg, Kaapstad en Durban reis. Ons is in die middel van die land geleë, met die Gariepdam 50 km van ons af. Ons restaurant het onlangs oopgemaak en spog met 'n hoogs gekwalifiseerde Walliese sjef wat organiese groente uit ons eie tuin en plaaslike vleisprodukte vir sy disse gebruik.

Verblyf word in 10 kamers gebied. Die meeste kamers is gesinseenhede met dubbel- en enkelbeddens. Elke kamer beskik oor koffie- en teemaakgeriewe, 'n yskas, 'n verwarmer, waaier en DStv. Elkeen het ook 'n en suite-badkamer.

Ontbyt word daagliks bedien teen R90 per volwassene en R45 per kind onder 12 jaar. Die ontbyt-buffet bestaan uit ontbytgraan, jogurt, neute en sade, tuisgemaakte brood en konfyt, sap, tee, koffie en beskuit en 'n vars vrugteslaai. Items op die warm-spyskaart moet bestel word. Dit sluit spek en eiers, omelette, eierwit-omelette, Franse roosterbrood en gekookte eiers in. Roosterbrood word saam met elke dis bedien.

Daar is speelplek vir kinders en 'n swembad. Let asb. daarop dat kinders ouer as 12 jaar die volle volwassene-tarief betaal.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Die Kleipot Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false