Heroldsbaai Akkommodasie by Die Korf 5 | LekkeSlaap
+15

Die Korf 5

Selfsorg

Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.

Prys sluit in
Die Korf 5
- Rates displayed are on a self-catering basis.
Belasting en Ekstras

- Breekskadedeposito: 'n Minimum terugbetaalbare breekskadedeposito van R500 word met aankoms of soos aangedui in die kwotasie gehef. Enige breekskade sal van dié bedrag afgetrek word en die res sal binne 30 dae nadat gaste die perseel verlaat terugbetaal word. Sou die breekskade meer as die deposito-bedrag beloop sal die gas 'n rekening vir die skade ontvang.
- Besprekings kan eers as bevestig geag word as die deposito ontvang is. Besprekings wat 30 dae voor die inklokdatum gemaak word moet volledig betaal word om die bespreking te bevestig.
- Balansbetaling: Moet 2 weke voor die inklokdatum gemaak word (Desember/Januarie-besprekings moet teen 31 Oktober betaal wees). Die agent aanvaar geen kredietkaart of tjekbetalings nie en sal eers die sleutels oorhandig as die volledige bedrag betaal is, so stuur asb. die bewys van betaling vooraf.
- Met aankoms: Wanneer gaste in Heroldsbaai aankom, moet hulle by Beans & Basil (Ou Heroldsbaai Kafee) aanmeld om die sleutel op te tel/af te gee voordat hulle na die eenheid toe gaan. Dit moet binne die aangeduide tydsraamwerk geskied. Spesiale reëlings kan getref word as die sleutels na-ure opgetel moet word.
- Reëls: Gaste moet die instansie se reëls en regulasies nakom soos verduidelik word in die gastehandleiding met aankoms.
- Skoonmaakdienste: As 'n skoonmaakdiens ingesluit is sal dit in die beskrywing genoem word. Vir eenhede wat nie 'n skoonmaakdiens insluit nie, sal die agent gaste van 'n kwotasie voorsien.
- Troeteldiere word onder geen omstandighede op die perseel toegelaat nie.
- Vrywaring: Die verhuurder/Herolds Bay Accommodation of Beans & Basil sal nie aanspreeklik gehou word vir enige verlies of beskadiging van eiendom, besering, dood of enige ander eis deur 'n gas, sy gesin of besoekers nie.
- Inventaris: 'n gedetalieerde inventaris bestaan en moet deur die gas nagegaan word wanneer hy/sy inklok. Enige gapings of tekortkominge moet aan die agent gerapporteer word binne 24 uur.
- Handdoeke: Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke en 'n strandsambreel saambring.
- Toesig: Volwassenes moet hulle kinders te alle tye dophou.
- TV/DStv: Gaste moet asb. navraag doen oor die TV/DStv wanneer hulle bespreek om te hoor of dit beskikbaar is en of hulle hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart moet saambring.
- Die gas word hiermee herinner dat, wanneer hy/sy die aanbod aanvaar en die deposito betaal, dit is bindende kontrak is of hy/sy die eenheid betree of nie.
- Herolds Bay Accommodation behou die reg voor om, in die geval van onvoorsiene omstandighede, die bespreking te kanselleer names die verhuurder. In so 'n geval sal al die fondse wat deur die gas betaal is, terugbetaal word. Dit is al waarvoor die verhuurder en Herolds Bay Accommodation aanspreeklik gehou kan word.

Kansellasiebeleid - Streng
Ons Covid-19-waarborg: Ons sal altyd ’n 100%-terugbetaling gee indien reisbeperkings weens Covid-19 jou bespreking affekteer. Lees meer
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Meer as 2 weke voor die inkloktyd 25%van die deposito word terugbetaal
Minder as 2 weke voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg, Heroldsbaai, 6615, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAACsYIBT5eOc6ToMFTiKlg4p1umhisg5QKFx7R8vlXMcwCcjOiUo?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 000  per nag (plek vir 6) Beach Road Herolds Bay 6615 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -34.053171536505 22.392377202166
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za