Die Kwagga

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Kwagga Lodge is in Marloth Park geleë en is omring deur die pragtige Bosveld. Marloth Park grens aan die Krugerwildtuin wat Kwagga die ideale blyplek maak vir gaste wat daguitstappies na die wildtuin beplan.

Die Kwagga het 3 ruim en suite-slaapkamers met slaapplek vir tot 6 gaste op 'n slag. 2 van die kamers het 'n balkon met 'n uitsig oor die bosveld waar gaste nuuskierige besoekers sal gewaar. Elke kamer het 2 driekwartbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Beddegoed, linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en die sitkamer het gemaklike sitplek.

Die lodge het ook 'n swembadjie en braaigeriewe wat gaste kan benut. Daar is ook 2 onderdak-parkeerplekke vir gaste gedurende hul verblyf.

Gaste kan verwag om sebras, koedoes, bosvarke en ander wild deur dag te sien. Saans sal gaste die gebrul van leeus in die verte hoor terwyl hulle om die braaivleisvuur kuier. Marloth is ook die ideale plek vir voëlkyk.

Slaapplek

'n Bespreking by Die Kwagga sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Wildkyk

Badkamer

  •  En-suite

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Die Kwagga gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R570 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za