Die Luiperd

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Luiperd is 'n huis wat in Marloth Park teen die Krugerwildtuin se grens geleë is. Dis die perfekte plek vir diegene wat graag vir 'n dag die wildtuin wil besoek.

Die Luiperd beskik oor 3 ruim slaapkamers wat slaapplek vir altesaam 6 gaste bied. Elke kamer het 'n balkon wat uitkyk oor die pragtige bosveld waarvandaan gaste dalk 'n paar wilde diere kan gewaar. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping geleë en is ingerig met 'n dubbelbed. Die ander 2 slaapkamers is ook op die boonste verdieping en het elkeen 2 enkelbeddens. Daar is 2 badkamers op die grondvloer. Die eerste badkamer het 'n stort, 'n toilet en 'n wasbak, en die tweede badkamer het 'n toilet en 'n wasbak. Beddegoed, linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en die sitkamer het gemaklike sitplek.

Gaste kan gerus gebruik maak van die lodge se boma en braaigeriewe. Onderdak-parkeerplek is vir 2 voertuie beskikbaar.

Wees bedags op die uitkyk vir sebras, koedoes en bosvarke. Wanneer 'n mens saans rondom die braaivleisvuur kuier, sal jy die gebrul van leeus in die verte hoor. Marloth Park is ook die perfekte plek vir voëlkyk.

Slaapplek

'n Bespreking by Die Luiperd sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Fietsry

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Die Luiperd gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R670 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za