Die Ou Stal

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Ou Stal bied verblyf in 'n opgeknapte, bekoorlike sandsteengebou in die tuin van die ou pastorie van die NG Kerk in Fouriesburg in die Vrystaat. In vervloë dae was die kothuis destyds die stalle vir die predikant se perde.

Die Ou Stal is 'n oopplan-kothuis en is ideaal vir 'n paartjie met 2 klein kinders en dit het 'n dubbelbed in die slaapkamer, 2 enkelbeddens in die leefarea, 'n toegeruste kombuisie en 'n stortkamer. 'n TV met plaaslike kanale en 'n DVD-speler word voorsien. Gaste kan gerus gebruik maak van die groot tuin met braaigeriewe en buitesitplek.

Net oorkant die grasperk van Die Ou Stal is die Stoepkamer. Dit is 'n gemaklike dubbelkamer met 'n koningingrootte-bed en enkelbed. Die Stoepkamer was eens 'n kantoor vir die dominee van die NG Kerk. Dit het 'n aparte ingang op die veranda wat reg rondom die huisie loop en berguitsigte bied. Die eenheid het ook 'n en suite-stort, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n yskas. Gaste het toegang tot die braai-area buite. Elektriese komberse en verwarmers word voorsien. 'n Ontbytmandjie kan vooraf bestel word en by jou kamer afgelewer word teen R50 per persoon. Daar is geen TV nie.

Die Pastorie voorkamer is 'n lieflike groot privaat kamer met toegang tot die stoep. Dit het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Aangrensend is daar 'n klein kamer met 2 enkelbeddens vir 2 kinders. Verder is daar 'n privaat balkon met 'n uitsig op die berge. Die TV is verbind aan die DStv in die huis. Daar is 'n DVD-speler en 'n versameling DVD's waarvan gaste gerus gebruik kan maak.

Die Ou Stal is net 'n kort entjie se stap van die dorp af, waar daar restaurante en kroeë is. Die Lesotho-grens is net 10 minute se ry ver en die dorpie Ficksburg is net 48 km ver en dis die tuiste van die jaarlikse kersiefees wat gehou word in November. Die kersiefees is die fees wat al die langste aan die gang is in Suid-Afrika. Meiringskloof Natuurpark is na aan ons en daar kan jy perdry, swem, voetslaan, bergfietsry, vierwielmotorfietsry en fietsry. Die dorpie Fouriesburg word omring deur die Maluti-berge en is 'n tipiese Oos-Vrystaatse dorpie met sy golwende heuwels en wyd oop vlaktes. Dit is net 'n paar kilometer van die bekoorlike dorpie Clarens af, net buite die Golden Gate Nasionale Park.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Die Ou Stal gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za