Groendraai

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 25 % af

Kry 25% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 17 Jan 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

Groendraai is op die plaas Groendraai in die pragtige Klapmuts-omgewing geleë. Die ligging is ideaal en ons is ongeveer 2 km vanaf die N1 met Stellenbosch, Paarl, Wellington en Franschhoek almal binne 'n 20 km-radius. Daar is volop restaurante, wynplase en kuierplekke in die omgewing.

Verblyf word gebied in 2 eenhede. Die oopplan-eenheid is omskep uit 'n ou perdestal en baie van die oorspronklike struktuur het behoue gebly. Karoohuis bied slaapplek aan 4 gaste met 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens.

Die plaas bied hope plek vir luilekker wandelinge op die uitgestrekte grasvelde of gaste kan gaan swem in die plaasdam, vir Billy die bok troetel of speel met die perdjies. Word soggens wakker met die rustige gekwetter van die vinkies, verkyk jou aan die houtkappertjie of luister hoe die tarentale roep! Hiér kan jy werklik rus vir jou siel kom vind.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Groendraai gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 R675 per nag (vir 2 mense)

Kry 25% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 17 Jan 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings[email protected]