Porterville Akkommodasie by Die Plaashuis | LekkeSlaap
+19
+19

Die Plaashuis

1 resensie
Selfsorg
  • Vanaf R2 100 per nag (vir 10 persone)
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R44, Gelukwaarts Plaas, Porterville, 6810, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Die Plaashuis bied gerieflike selfsorgverblyf op 'n rustige, produserende plaas, 7 km vanaf Porterville, 'n bekoorlike dorp aan die voet van die Olifantsrivierberg. Dié plaas bied 'n rustige toevlugsoord omring deur koejawelboorde en kanola- en graanlande.

Dié opgeknapte ou plaashuis het slaapplek vir 10 gaste en beskik oor 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelhemelbed, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het ook 4 enkelbeddens. Daar is nog 2 enkelbeddens in een van die leefareas. Die slaapkamers het toegang tot 2 badkamers, een volledige badkamer en een met 'n stort en 'n toilet.

Die kombuis het 2 yskaste, vrieskas, mikrogolfoond, en 'n stoof. Daar is 'n groot ingangsportaal met 'n oopplan-eetkamer en TV-kamer met DStv. Daar is ook braaigeriewe onder die akkerboom en 'n plonspoel waar gaste lekker kan afkoel.

Daar is verskeie doendinge op die plaas, soos swem in die plaasdam, voëlkyk, bergfietsry, voetslaan, visvang in enige van die 3 damme, op die plaas rondstap of ontspan op die stoep. Die plaas is ideaal geleë vir daguitstappies na die omliggende dorpe, die boeremark elke Saterdag of die heerlike restaurante in Porterville.

Ons akkommodeer net vriende, families en gesinne.

Slaapplek

’n Bespreking by Die Plaashuis sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Die Plaashuis
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • R44, Gelukwaarts Plaas, Porterville, 6810, Wes-Kaap
  • Gaste dink Die Plaashuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 100
per nag (vir 10 persone)

Sien meer verblyf in

Porterville Wes-Kaap
Vanaf R2 100
per nag (vir 10 persone)
Vanaf R2 100
per nag (vir 10 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R44, Gelukwaarts Plaas, Porterville, 6810, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA83bF5QxK5cgfJiGVcwBEIZ7F349M4KHUJEfnJ7qPvU0ksOUBhP?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 100  per nag (vir 10 persone) 1 5 1 5 R44 Gelukwaarts Plaas 6810 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.056913779246 18.986278536441
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za