Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Skoolhuis

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Die Skoolhuis, Cambria, 6335, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 000 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Die Skoolhuis was lank gelede die woning van 'n onderwyser met 'n skakelklaskamer wat in 1897 aangebou is. Dit is op 'n werkende sitrusplaas en is gerieflik geleë in die Baviaanskloof - Willowmore Roete. Daar is 'n klein bergstroompie wat langs die perseel verbyvloei.

Hierdie drieslaapkamerkothuis is gerieflik gemeubileer en het 1 gedeelde badkamer met 'n bad en stort-oor-bad. Daar is 2 kamers met 'n dubbelbed in elk en plafonwaaiers. Die derde kamer het 1 enkelbed. Daar is 'n ekstra enkelbed in die ingangsportaal. Al die kamers het olieverwarmers, linne en handdoeke. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n gasstoof en -oond, 'n antieke houtstoof en Kaaps-Duitse bakoond, 'n mikrogolfoond, ketel, broodrooster en yskas-vrieskas. 'n Privaat braai-area is langs die kombuis. Gaste kan hul etes geniet in die oopplan-eetkamer of hulle kan ontspan in die leefarea.

Omring deur berge en 'n rustige atmosfeer, bied die plekkie verskeie staproetes wat geskik is vir jonk en oud, 4x4-roetes, besienswaardighede, wildkyk- en voëlkyk-geleenthede. Die Skoolhuis bied die ideale basis vanwaar gaste die Baviaanskloof kan verken, asook die Wilderness-area en die prentjiemooi Gamtoos Rivier Vallei. Daar is verskeie doendinge in die omgewing insluitend kanovaarte en swem.

Slaapplek

’n Bespreking by Die Skoolhuis sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 9 resensies vir Die Skoolhuis
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Die Skoolhuis, Cambria, 6335, Oos-Kaap
  • Gaste dink Die Skoolhuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kouga-Omgewing Oos-Kaap
Vanaf
Vanaf R3 000
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R3 000
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Die Skoolhuis, Cambria, 6335, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbefe9d57f357276f8356af94a250baa3ed94d7ace175ba0d4e14e3be7d495d135caa26c7a475a1d82476ba2a0ec875c43137?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000 per nag, vir 6 mense 9 5 1 5 Die Skoolhuis Cambria 6335 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.664046 24.569061