Die Studio Cottage
-
Voorkeurvennoot
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Anna Maria Johanna-straat 4, Rosendal, 9720, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R600 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Die Studio Cottage skuil onder bome op 'n groot residensiële perseel aan die verste punt van Rosendal en bied verblyf wat ideaal is vir 'n paar dae se uitspan.
Dié kothuis is 'n ou gerestoureerde kunsateljee van hout gebou. Dit is 'n ruim enkelvertrek met 'n aparte badkamer en bied 'n uitsigte op die omliggende heuwels en oor die veld. Die kothuis het 'n koningingrootte-bed, 'n badkamer met 'n ou pootjiesbad, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n buitestort met warm water. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas, koffie- en teemaakgeriewe, mikrogolfoond, breekware en eetgerei.
Die sit- en eetarea is gesellig en daar is gratis WiFi.
Die kothuis het 'n privaat ingang en 'n tuintjie met beskutte onderdaksitplek en braaigeriewe.
Rosendal is 'n rustige wegbreekplek met interessante eetplekke, kuns, kunsvlyt en mense.
Slaapplek
’n Bespreking by Die Studio Cottage sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Anna Maria Johanna-straat 4, Rosendal, 9720, Vrystaat
- Gaste dink Die Studio Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Rosendal Malotiroete Vrystaat
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Anna Maria Johanna-straat 4, Rosendal, 9720, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom