Die Vinknes en De Oude Schuur

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Vinknes en De Oude Schuur is in 'n groot tuin op 'n landgoed naby Meyerton geleë.

Die Vinknes is 'n lieflike dubbelverdieping-eenheid wat ideaal is vir paartjies. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en is op die eerste vloer, en dit maak oop op 'n balkon met 'n uitsig oor die tuin, dam en rivieroewer. Die badkamer op die grondvloer is toegerus met 'n stort. Die trap na die slaapkamer is 'n buitetrap.

Die kombuisie is ook op die grondvloer. Dit is toegerus met 'n mikrogolf, broodrooster, yskas, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Die kombuisie maak oop op die stoep met sy ingeboude kaggel en eetkamertafel. Veilige onderdakparkeerplek is beskikbaar en gaste het toegang tot 'n verhitte klipswembad.

De Oude Schuur is 'n ruim, oopplan-eenheid en is met liefde gerestoureer uit 'n deel van 'n groot skuur. Dis ingerig met moderne sowel as ou embuia meubels. Dit is ideaal vir paartjies wat wil wegkom uit die gejaag van die alledaagse lewe en bied 'n lieflike uitsig oor die tuin. Aan die bokant van die trappe is 'n solder met 'n groot leefarea. Die kombuis is toegerus met 'n ketel, broodrooster, mikrogolf, eenplaatstofie, yskas, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet en gaste het toegang tot 'n verhitte klipswembad en 'n vuurput. Veilige onderdakparkeerplek is beskikbaar.

Let wel dat die swembad elke jaar 1 April tot 1 September gesluit is.

Vereeniging en Vanderbijl het heelwat doendinge en besienswaardighede en dit is gerieflike ry-afstand van Die Vinknes en De Oude Schuur af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Vlaams

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Die Vinknes En De Oude Schuur gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false