Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Waenhuis Gastehuis

Gastehuis
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Caledonstraat 11, George, 6529, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 14
  • Vanaf R1 450 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Die Waenhuis Gastehuis is 'n lieflike gastehuis in Caledonstraat in George.

Dié huis is 170 jaar oud en bied 11 en suite-slaapkamers. Elke kamer het 'n unieke styl en karakter, met 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n stort of 'n bad en stort. Perkallinne en handdoeke word voorsien. Elke kamer het 'n TV met DStv, asook WiFi. Tee- en koffiemaakgeriewe en sjerrie word voorsien. Elke kamer het ook 'n verwarmer of ondervloerse verhitting en sommige kamers het lugversorging, yskassies en kluise. Daar is ook 'n kamer het 'n gesellige kaggel.

Die gastehuis het 'n sitkamer met Victoriaanse kaggel, asook 'n eerlikheidskroeg. Die ontbytkamer het 'n Dover-stoof en bied 'n smullekker plaas-ontbyt. Ontbyt kan ook op die patio in die tuin geniet word. Ontbyt bestaan uit koffie, tuisgebakte brood en croissants, tuisgemaakte konfyt, verskeie koue maaltye en kaas. 'n Warm ontbyt is op versoek beskikbaar.

Die tuin bied 'n rustige atmosfeer na 'n besige dag en bestaan uit lieflike bome, verskeie blomme en 'n swembad. Daar is 'n konferensielokaal beskikbaar vir 24 gaste waar opleiding, funksies en vergaderings gehou kan word. Ons kan ook spyseniering voorsien indien nodig.

Die gastehuis is ideaal geleë vir toeriste en sakereisigers wat die Tuinroete besoek. Daar is verskeie strande, soos Heroldsbaai, Glentana en Victoriabaai in die omgewing, en George bied ook lieflike staproetes en bergklim-opsies. Gaste kan ook die plaaslike gholfbaan besoek, vierwielmotorfietsry, branderplankry, duik of visvang. Silver Lily Cheese Farm en Redberry Farm is ook 'n besoek werd met doendinge soos hindernisbane, Bubble Ball en aarbeie pluk.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 2 resensies vir Die Waenhuis Gastehuis
Netheid
4.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Johan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 2

Jaar gelys 7

Ligging

  • Caledonstraat 11, George, 6529, Wes-Kaap
  • Gaste dink Die Waenhuis Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 450
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 450
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Caledonstraat 11, George, 6529, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 14
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA32787bae5153a0023e4f79b1c151b63b80c94bf1eb9fd5da9489f496716aca10c859c81801140344a4ab3d923c03201e29cb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 450 per nag, vir 2 mense 2 5 1 5 11 Caledon Streett George 6529 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -33.95323540693 22.459644556111
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem