Sonskynkus Akkommodasie by DikkopVlakte Gasteplaas | LekkeSlaap
+89

DikkopVlakte Gasteplaas

4 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: R350, DikkopVlakte Plaas, 38 km vanaf Grahamstad, 6140, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R700 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

DikkopVlakte Gasteplaas is in die pragtige Oos-Kaap, op die R350 tussen Bedford en Grahamstad, op 'n veeplaas geleë, ver van die stad se lawaai af. Dit is die ideale wegbreek vir gesinne, vriende, reünies of sportklubs.

Die indrukwekkende 1892-plaashuis, wat dateer uit 'n era toe die wol- en volstruisveer-industrie floreer het, bied slaapplek aan 21 gaste in die plaashuis. Die slaapkamers is ingerig met dubbel- en enkelbeddens. Ekstra matrasse kan op versoek voorsien word.

Die plaashuis beskik oor 'n aparte braaikamer en sitkamer met 'n kaggel. Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die huis het 'n ruim stoep waar gaste kan ontspan en die pragtige uitsigte oor die plaas geniet. 'n TV stel met DVD-speler is beskikbaar, maar geen satelliet-televisie nie.

Daar is ook 'n eenslaapkamerwoonstel met 'n privaat ingang. Dié woonstel kan apart of saam met die plaashuis bespreek word.

Daar is ook 'n ablusieblok buite met 4 gasstorte en 4 spoeltoilette vir kampeerders op versoek.

By DikkopVlakte Gasteplaas kan gaste egte Karoo-gasvryheid ervaar met smullekker plaasbrood in die plaashuis. Karoolam-braaipakke is ook beskikbaar op aanvraag.

Gaste kan lieflike voetslaanpaadjies, 4x4-roetes en bergfietsroetes op die plaas geniet. Daar is ook 'n lieflike, groot plaasdam om in te swem tydens die somermaande en 'n tafeltennis vir die jongspan.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Televisie
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 4 resensies vir DikkopVlakte Gasteplaas
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • R350, DikkopVlakte Plaas, 38 km vanaf Grahamstad, 6140, Oos-Kaap
  • Gaste dink DikkopVlakte Gasteplaas het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Sonskynkus Oos-Kaap
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: R350, DikkopVlakte Plaas, 38 km vanaf Grahamstad, 6140, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAjP7nkTOdaJG7v6xSV9mFztF46S7njJQpp8aTqs5Y93e0jO8VqF?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R700  per nag (vir 2 persone) 4 5 1 5 R350 DikkopVlakte Farm 6140 Oos-Kaap 086 999 0018 12:00-19:00 12:00 -33.108357632404 26.252388954163
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za