Vyf Brakke Fonteinen Akkommodasie by Dis Moss Tent | LekkeSlaap
+25

Dis Moss Tent

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Aalwyn-weg 173, Aalwyndal, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Dis Moss Tent bied luukse selfsorgverblyf in 'n safari-tent op 'n kleinhoewe wat halfpad tussen Hartenbos en Dias is en net 1 km vanaf Langeberg Mall. Dié glansryke kamp het elektrisiteit en ligte en het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders.

Die tente het elk 3 slaapkamers, die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die derde slaapkamer het 'n stapelbed wat ideaal is vir 2 kinders. Dit het 'n privaat badkamer met 'n eko-vriendelike toilet, wasbak en 'n stort.

Die tent beskik oor 'n oopplan-sitarea, -eetarea en -kombuis en 'n lieflike houtdek waar gaste kan ontspan en die natuurskoon en die voëllewe kan geniet. Die kombuis is met 'n tweeplaatgasstoof, 'n wasbak met warm- en kouewater, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus.

Die stort en wasbakke maak gebruik van 'n gasgeyser en die ligte werk met sonpanele. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie badhanddoeke saambring.

Die eenheid het braaigeriewe en sitplek, maar gaste kan gerus hul gunstellingkampstoel saambring vir ekstra gemak.

Slaapplek

’n Bespreking by Dis Moss Tent sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Kinderstapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKinderstapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Ligging

  • Aalwyn-weg 173, Aalwyndal, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R950
per nag (plek vir 6)
Vanaf R950
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Aalwyn-weg 173, Aalwyndal, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa2227096a8016d77b19210e507a98ff52cfe0d08a6a700ca3791ff73e210c543427b310789eb1ececebe731123b42ef67ddd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R950  per nag (plek vir 6) 173 Aalwyn Way Aalwyndal 6500 Wes-Kaap 086 999 0018 16:00-20:00 10:00 -34.143032759255 22.088011342358
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za