DocVilla Gastehuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

DocVilla is 'n luukse gastehuis wat verblyf bied vir besigheid of plesier. Die gastehuis is drie sterre toegeken deur die Toerismegraderingsraad van Suid-Afrika en die vriendelike en hulpvaardige gasvrou sal alles in haar vermoë doen om jou verblyf by DocVilla so genotvol en onvergeetlik as moontlik te maak.

Die gastehuis is in 'n groot en pragtige tuin en bied smaakvol versierde en gerieflike verblyf in 10 luukse kamers met veilige parkeerplek op die perseel. 'n Volledige ontbyt is beskikbaar en aandetes kan bedien word in die hoof-eetkamer indien dit voor die tyd so gereël word. Die gastehuis het ook konferensiegeriewe.

Indien jy die Aardklop Nasionale Kunstefees hierdie jaar besoek, moet jy onthou om jou kamer te bespreek vir stil en ontspanne verblyf net 50 km van Potchefstroom af. DocVilla is ook net 2 ure se ry vanaf die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Blaaibord
  •  Internet
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Drankies ingesluit
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na DocVilla Gastehuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za