Bloubergrant Akkommodasie by Dodd's House on Birkenhead | LekkeSlaap
+23

Dodd's House on Birkenhead

1 resensie
Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 25% af

Kry 25% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Geldig vanaf 17 Mrt 2020 tot 18 Mrt 2021.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Birkenhead-weg 10, Waves Edge, Table View, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 500 R1 125 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Dodd's House on Birkenhead is 'n ouer huis in 'n Spaanse boustyl met 3 slaapkamers.

Die huis bied slaapplek vir tot 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Twee badkamers, 1 en suite, 'n volledig toegeruste kombuis met 'n oond, ketel, mikrogolfoond, broodrooster, wasgoeddiens, eetarea en sitkamer met televisie, DVD-speler met DVD's en 'n kaggel. Die tuin is groot en gedeeltelik geplavei en gevestig met 'n braai-area en klimraam. In die somer het dit 'n groot opslaanswembad met 'n glyplank in.

Die huis is geleë in die pragtige en veilige voorstad wat bekend staan as Waves Edge in Table View. Die huis is loopafstand van Bloubergstrand en Kite-strand (400 m) en die inkopiesentrums af. MyCiti-busroetes, nagklubs en restaurante is naby.

'n Wonderlike plek vir die gesin. Kaapstad se middestad is slegs 25 km weg. Wynroetes ongeveer 20 km weg. V&A Waterfront is 'n direkte roete op die MyCiti-busroete van Table View af.

Let asseblief daarop: Rook is verbode in dié selfsorghuis. Badhanddoeke en linne word voorsien, maar strandhanddoeke word nie voorsien nie.

Daar is 'n klein woonstel op die perseel en dit word gewoonlik verhuur. Albei plekke deel die hoofingang.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 1 resensie vir Dodd's House on Birkenhead
Netheid
4.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Birkenhead-weg 10, Waves Edge, Table View, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Dodd's House on Birkenhead het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 500
Vanaf R1 125
per nag (plek vir 6)
was R1 500
Vanaf R1 125
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Birkenhead-weg 10, Waves Edge, Table View, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAoZ77xQO6MYAU9ZxU2Um0UWfiLQr5gXL86QaELncqrtW66TY6O7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 500, nou Vanaf R1 125  per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 10 Birkenhead Road Waves Edge, Table View 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 11:00 -33.825181329084 18.480841219425
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za