Mosselbaai Akkommodasie by Dolphin View | LekkeSlaap
+21

Dolphin View

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Protea-weg 53 , Danabaai , Mosselbaai , 6510, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Dolphin View is 'n bekoorlike woonstel met 'n pragtige uitsig oor die see en bied verblyf op die eienaars se perseel in Danabaai, 'n rustige bewarea aan die kus naby Mosselbaai. Dié streek is bekend vir 'n matige klimaat reg deur die jaar, goue strande en 'n verskeidenheid natuurlike, kulturele en geskiedkundige besienswaardighede.

Die woonstel is stapafstand vanaf die strand. Dit beskik oor 2 slaapkamers en is geskik vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer het 'n stort en die tweede badkamer het 'n bad. Daar is ook 'n aparte toilet. Bedlinne en handdoeke word verskaf, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond en 'n toonbank met stoele toegerus. Die leefarea het gemaklike sitplek, 'n TV met DStv en die area lei na die tuin waar gaste 'n braai met uitsigte oor die see kan geniet. Die eenheid het 'n privaat ingang en bied parkeerplek op die perseel.

Gaste kan doendinge soos gholf, swem, visvang, voëlkyk, wynproe, voetslaan en bergfietsry in die omgewing geniet.
Dit is slegs 40 km vanaf George Lughawe. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Slaapplek

’n Bespreking by Dolphin View sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Protea-weg 53 , Danabaai , Mosselbaai , 6510, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Protea-weg 53 , Danabaai , Mosselbaai , 6510, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAea85e4241b2f0264f1bd3b5cd312f58bda93cb30cf0fc616ea7e266de97362530d83e9f6db73204176692f71c9646def95fa?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 100  per nag (plek vir 4) 53 Protea Road Dana Bay 6510 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.202876118971 22.04517565501
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za