Dolphin View 308

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dolphin View 308 bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n tweeslaapkamerwoonstel op die derde verdieping van die seefrontkompleks in Margate. Die kompleks is oorkant die pad vanaf die bekende visvangpier. Die voorkant van die kompleks bied toegang tot die see en die agterkant van die kompleks bied gaste toegang tot die hoofstraat met verskeie winkels, eetplekke en kroeë.

Dié woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n dubbelslaapbank in die sitkamer. Die hoofslaapkamer en sitkamer bied toegang deur skuifdeure na 'n beskutte balkon met 'n buite-eetarea en 'n ingeboude houtskoolbraai.

Die woonstel het ook 'n badkamer met 'n bad en 'n stort en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis het 'n ontbyttoonbank en is goed toegerus vir selfsorg met 'n ekstra diepvrieskas vir enige visvangs. Die woonstel het ook 'n TV en gaste is welkom om hul eie DStv-dekodeerde, slimkaart en kabels saam te bring.

Die kompleks is veilig en het 'n afstandbeheer elektriese toegangshek en die woonstel het 2 onderdakparkeerplekke agtermekaar. Linne word voorsien vir alle beddens en die slaapbank, maar gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring. 'n Daaglikse skoonmaakdiens is beskikbaar op versoek teen 'n addisionele koste, maar is onderhewig aan beskikbaarheid. Die woonstel word skoongemaak voor gaste se inklokdatum en is toegerus met komplimentêre toiletpapier en bad en skottelgoedwasseep vir die begin.

Slaapplek

'n Bespreking by Dolphin View 308 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dolphin View 308 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za