Dolphin View Bay 5

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dolphin View Bay 5 is ’n selfsorgwoonstel in ’n veilige kompleks in Manaba Beach. Die kompleks is naby Lucienstrand, ’n Blouvlagstrand, en ander besienswaardighede in die omgewing.

Dié woonstel bied slaapplek aan 7 gaste en het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het ’n koninggrootte-bed en ’n en suite-badkamer met ’n stort en bad. Dié slaapkamer lei na ’n balkon. Die tweede slaapkamer het ’n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het ’n stapelbed en ’n enkelbed. Elke slaapkamer het ’n plafonwaaier.

Die tweede badkamer het ’n bad en aparte stort. Die oopplan-kombuis is met ’n yskas, oond en stoof, skottelgoedwasser en wasmasjien toegerus. Daar is ’n aangrensende sitkamer met ’n TV en ’n DStv-koppelpunt. Gaste kan hul eie dekodeerders en slimkaarte saambring. Explora-dekodeerders kan ongelukkig nie gekoppel word nie.

Die sitkamer lei na 'n ruim balkon met 'n gasbraai. Die woonstel het ook traliedeure vir veiligheid en daar is veilige parkeerplek in die kompleks.

Die kompleks is 4 km van die Hibiscus Mall, Margate hoofstrand en restaurante af. Dit is ook net 'n entjie se ry vanaf ander geriewe in dié deel van die Suidkus af.

Slaapplek

'n Bespreking by Dolphin View Bay 5 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dolphin View Bay 5 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R908 per nag (plek vir 7)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za