Cacadu-distrik Akkommodasie by Donkerkloof | LekkeSlaap
+13

Donkerkloof

Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Donkerkloof farm, Somerset East, 5850, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R7 800 per nag (vir 12 persone)

Beskrywing

Die pragtige gerestoureerde plaashuis by Donkerkloof bied die ideale, wonderlike wegbreekplek. Sit en ontspan op die stoep wat reg rondom die huis strek en kyk hoe die voëltjies in die peperbome tjirp terwyl die rooibokke en ander wild aan die anderkant van die vallei wei.

Die huis het houtvloere regdeur. Daar is 4 slaapkamers met suiwer katoenlinne, sybokhaarmatte en Sneeuberg duvets. Die kamers kan rangskik word vir 4 dubbelbesprekings of anders tot en met 8 enkelbesprekings.

Die warm, uitnodigende sitkamer het 'n kaggel vir koue wintersaande en lugversorging wanneer dit warm word. Die TV bied volledige DStv, so jy hoef nooit jou gunsteling programme te mis nie en verder is daar ook 'n DVD-speler. Daar is 'n eetkamer en 'n goed ingerigte kombuis met 'n gasstoof, mikrogolfoond en 'n groot yskas/vrieskas. Die badkamer het 'n stort en bad en daar is 'n tweede aparte toilet.

'n Vrystaande kothuis kan 'n verdere 4 gaste akkommodeer in 2 dubbelkamers. Daar is 'n stort en 'n toilet en 'n oopplan-sitkamer (met 'n TV) en 'n goed ingerigte kombuis-area. Die kothuis kan nie apart bespreek word as die huis bespreek is nie.

Buite is daar 'n lapa, perfek vir 'n lang kuier langs die braai. Daar is ook opvangs vir selfone, maar geen WiFi of internet-toegang.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ligging

  • Donkerkloof farm, Somerset East, 5850, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Cacadu-distrik Oos-Kaap
Vanaf R7 800
per nag (vir 12 persone)
Vanaf R7 800
per nag (vir 12 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Donkerkloof farm, Somerset East, 5850, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDA4ZTcyMTBiLTU0MDQtNDBhNS1hYzVkLWYwNTI4MjI0ZGY1Yw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R7 800  per nag (vir 12 persone) Donkerkloof farm Somerset East 5850 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -32.987642789595 25.233285643742
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za