Donnybrook Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Donnybrook Guesthouse bied gerieflike akkommodasie in Glenferness in Johannesburg-Noord wat 'n plattelandse atmosfeer het. Die gastehuis is uit 'n oorspronklike plaasgebou op die Donnybrook Estate omskep en bied warm en gesellige verblyf in 'n pragtige omgewing met 'n plaasatmosfeer.

Die verblyf bestaan uit kamers in die hoofgastehuis en in selfsorgwoonstelle. Hierdie hoofgastehuis het 4 aparte kamers met toegang tot 'n gedeelde kombuis en sitarea. Elke kamer het sy eie badkamer. Daar is 'n kaggel in die sitkamer wat ideaal is vir koue winteraande. Gaste kan gerus op die groot stoep ontspan. Daar is 4 woonstelle om van te kies tussen die veekampe in die middel van die perseel. Elke woonstel het sy eie TV. Gaste kan gerus van die gastehuisgeriewe gebruik. Dit sluit 'n groot kuierarea en braaigeriewe buite, 'n swembad, tennisbaan en netjiese tuin met 'n volop voëllewe insluit.

Donnybrook is 'n perdeplaas, so gaan voer gerus wortels vir die perde. Indien gaste Johannesburg toe kom vir 'n perdeskou en nie seker is waar om hul perde op stal te sit nie, sal Donnybrook seker maak dat hulle 'n warm slaapplek en kamp het gedurende jou verblyf. Donnybrook is die ideale oornagplek vir sakereisigers en vakansiegangers en is gerieflik naby winkelsentrums, restaurante, konferensiesentrums en toeristebesienswaardighede in Midrand en Fourways geleë.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Frans
  •  Duits
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Donnybrook Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R627 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]