Down Under

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Down Under is 'n selfsorgwoonstel op 'n koppie wat oor Margate en Manaba in KwaZulu-Natal uitkyk. Dis perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf naby 'n verskeidenheid doendinge aan die Suidkus.

Die eenheid het 2 slaapkamers wat van die sitkamer geskei word deur middel van blindings wat afrol en dit maak dit oopplan. Hulle is ingerig met dubbelbeddens en 1 badkamer om te deel met 'n aparte stort, bad, wasbak en toilet. Die kombuis is goed toegerus en beskik oor 'n yskas en mikrogolfoond en 'n paar ingeboude kaste om eetgerei, breekware en ander toebehore in te stoor.

Die sitkamer het 'n gemaklike bank en netjiese sitplek met 'n TV met DStv (Compact). Gaste kan op die dek ontspan en braai terwyl hulle die lieflike uitsig van die omliggende area en see in die verte geniet.

Neem asseblief kennis dat daar net buite gerook mag word. Rook is verbode in die eenheid. Handdoeke word nie voorsien nie.

Veilige onderdakparkeerplek is beskikbaar vir 1 voertuig en Down Under is 15 minute se stap van Margate se middedorp en die hoofstrand af. Daar is winkels, restaurante en heelwat doendinge in die omtrek.

Ons het 'n kragopwekker vir kragonderbrekings en watertenks vir 'n watertekort.

Troeteldiere word toegelaat indien vooraf gereël.

Slaapplek

'n Bespreking by Down Under sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Down Under gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R450 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za