LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Drakenzicht The Mountain Links & Lodge | LekkeSlaap
+57

Drakenzicht The Mountain Links & Lodge

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 20 resensies vir Drakenzicht The Mountain Links & Lodge
Netheid
4.3/5
Diens
4.1/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
3.9/5
Henry O - Jul 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Henry O
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlike rustige omgewing.

Baie goed geleë in die berge, rustige omgewing, mooi uitsig oor al die berge, was heerlik om net te kon ontspan, sal weer daar gaan uitspan.

Wimpie S - Mrt 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
0/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Wimpie S
Gesin met tieners

Dit was 'n heerlike langnaweek wegbreek.

Dis 'n wonderlike plek as jy net weg wil kom van die stad en lekker wil gaan rus. Ons het dit baie geniet. Elke oggend gaan stap en gebraai. Die verblyf was ook lekker, netjies en skoon.

Rina S - Jan 2021
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Rina S

Dis 'n prentjiemooi omgewing met bokkies wat saans wei op die golfbaan, ideaal vir voëlkykers en diegene wat tot rus wil kom.

Die grondpad is nie geskik vir sedan-voertuie nie.

Riaan S - Nov 2020
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Riaan S
Saam met vriende

Heerlike, rustige naweek.

Ek was op soek na 'n rustige naweek wegbreek in die laeveld en omliggende gebied. 2020 was vir niemand maklik nie, en dit was hoogtyd om net weg te breek uit die daaglikse gejaag van die stadslewe. Wat 'n groot verrassing het gewag om die uitsig te sien, en kaalvoet op die heerlike gras te kan loop. Dit was meestal bewolk, wat die naweek net eenvoudig soveel beter gemaak het, aanskoulike uitsig wat mens kry nie net oor die golfbaan nie, maar ook van die berge in die omgewing. Gaan besoek gerus as jy wil wegbreek en stilte weer wil beleef.

Gysbert S - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
1/5
Ligging
5/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
3/5
Gysbert S
Gesin met klein kinders

Ander gaste maak geraas!

Ons het ongelukkig 'n slegte ervaring hier beleef. Verblyf en omgewing is baie mooi. Die eienaars neem egter nie beheer oor ander gaste wat lawaai maak nie. Dit het 'n nodige ruskans vir my en my vrou totaal en al bederf. Musiek, gil en skree tot laat die nag. Ons was baie teleurgesteld.

Juanita G - Jun 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Juanita G
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ons het 'n heerlike tyd gehad.

Ons het 'n heerlike langnaweek gehad, ons woonstel en die hele lodge was netjies en skoon. Marcel, Thys en Leah het ons so tuis laat voel. Sal definitief gholfspelers aanraai om daar 'n draai te maak.

Yolanri L - Okt 2018
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
2/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
1/5
Yolanri L
Saam met vriende

Die algemene instandhouding van die oord is swak en teleurstellend. Glad nie die geld werd nie.

Die instandhouding van die oord is swak. bv die swembad was vuil en half vol. Glad nie so mooi soos op die foto's nie. Ons het in die Escarpment Family Chalet gebly. Die grasdak was verniel, vol gate en die gras het oral langs die huis gelê. (gelukkig het dit nie gereën terwyl ons daar was nie). Die kombuis is baie klein en skraps toegerus vir 'n huis wat 7 mense kan akkomodeer. Die huis is glad nie goed toegerus vir die prys wat ons vir die akkommodasie betaal het nie, vir dieselfde geld (en selfs minder) kan ons baie meer luuks bly elders. Die pad tot by die oord is ook baie swak, jy sal nie maklik met 'n gewone voertuig daar kan uitkom soos wat hulle aandui nie. Daar was 'n veldbrand naby en die gasheer het geen moeite gedoen om ons gerus te stel oor hul protokol as dit te naby sou kom nie, inteendeel, hy het ons gevra om hom te laat weet as daar moeilikheid is. Glad nie die geld werd nie.

Drakenzicht The Mountain Links & Lodge's terugvoer

Hallo Yolanri, Die Eskarp Chalet en Dubbel Chalets se dakke is oorgedoen net na die 2018 September langnaweek met Harvey Thatch en lyk pragtig. Aan die pad oor die buurman se grond kan ons niks doen, wel oor ons grond is die sement glad gemaak. Dit word ook so aangedui. Ons doen ons bes om die chalets gerieflik in te rig, jammer as julle verwagtinge nie oortref is nie.

Drakenzicht The Mountain Links & Lodge
Eileen A - Aug 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Eileen A
Gesin met klein kinders

Pragtig en baie ontspannend om tussen die berge te wees.

Ons het die 'n lieflike naweek tussen die berge deurgebring. My man het gholf gespeel en die kinders het die vryheid geniet om net te speel en rond te baljaar. Fantastiese manier om die batterye te herlaai.

Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.

Beautiful and very relaxing to be in the mountains.

We spent a lovely weekend in the mountains. Hubby playing golf and kids enjoying the freedom of just being able to run around and play. Great way to recharge the batteries.

Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.

Lance H - Jul 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Lance H

Wonderful location for stop over and a game of golf if desired.

One was warned about 9 km of dirt road but travellers must take note of this. As warned arrive in day light and if using a sedan drive very slowly.

Teresa S - Jul 2018
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Teresa S
Gesin met klein kinders

Pragtige tuine en gholfbaan, maar eenhede kort werk.

Dit omgewing is pragtig, die tuine en plekke van buite lyk baie goed. Binne die eenhede is heelwat goed wat reggemaak moet word. In die klubhuis is gebreukte teëls wat ons 4 ure in 'n hospitaal gekos het toe ons 9 jarige 7 steke moes kry.

Yolanda V - Mei 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Yolanda V
Gesin met klein kinders

Heerlike wegbreek met asemrowende uitsig!

Sien sterre.

Mary-ann H - Sep 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
2/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Mary-ann H

Dit is baie naby aan die R539, die stilte waarvoor ons gehoop het was nie daar nie, maar vir die res het ons dit baie geniet.

Die advertensie is misleidend ten opsigte van die 7 km grondpad wat langs die R539 loop en nie in die berg in nie. Die verkeer op die pad pla wanneer jy op die stoep sit en kuier. Verder in die gronde is dit wel rustig en stil en kon ons dit geniet. Ons sal nie die kos by die restaurant aanbeveel nie - nie sleg nie, maar sub-standaard. Die mense was baie behulpsaam en vriendelik. Die min mense wat daar kan bly maak dat daar heeltyd 'n rustige atmosfeer is. Dus die groot faktor hoekom ons nie sal teruggaan nie, is die ligging.

Marna K - Jul 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Marna K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Groot was ons verbasing om bo op die berg in die middel van nêrens 'n baie goed versorgde gholfbaan raak te loop.

Ons het 'n laat besluit geneem om in Nelspruit omgewing oor te slaap. Ek was baie verlig oor LekkeSlaap se kitsbespreking-opsie. Ons het klein bietjie gesukkel om die ingang te kry (padwerke en die donker), maar toe ons eers daar is, was ons warm ontvang en tuis gemaak. Ons het heerlik geslaap en is die volgende oggend daar weg na die beste Franse roosterbrood-ontbyt wat ek nog ooit geëet het. Ons speel nie self gholf nie, maar vir iemand wat gholf speel sal Drakenzicht 'n baie goeie opsie wees.

Sone L - Mei 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Sone L
Saam met vriende

Gerieflik en billik, maar moeilik om by dit uit te kom, veral ná donker.

Die natuurskoon is pragtig, die verblyf is gerieflik en ons het 'n heerlike en billike ontbyt geniet. Die lang toegangsroete is nogal 'n uitdaging in die donker (ons was wel gewaarsku dat ons stadig moet ry in die donker). Sal Drakenzicht aanbeveel vir gholf-entoesiaste. Ons was 'n groep van 7 volwassenes wat op kort kennisgewing gereis het en die verblyfopsie en bekostigbaarheid was vir ons perfek. Pragtige gasvrou!

Gerrie C - Apr 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gerrie C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie lekker gerus en gekuier. Sal hulle beslis weer besoek.

Ons het baie lekker gerus en gekuier. Ons sal hulle beslis weer besoek.

Heinrich L - Feb 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Heinrich L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlik ontspannend in 'n pragtige omgewing.

Die oord is heerlik stil in 'n pragtige omgewing. Iets om dalk na te kyk is die toegangspad vanaf die eerste tot by die tweede toegangshek. Daar kan dalk ook gekyk word om 'n buite of binne wasbak aan te bring (vir self skottelgoed was) vir chalets vir 2 persone.

Susan G - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Susan G
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie rustig, geen verkeer geluide net natuur lewe.

Ons het baie lekker gerus, die gholfbaan is besonders, my man het dit terdeë geniet om gholf te speel.

Faan P - Nov 2016
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Faan P
Gesin met tieners

Gemaklik, pragtig en waarde vir geld.

Marcelle en Thys gee regtig om vir hulle gaste. Ons was welkom van 1ste minuut tot ons gegroet het. Baie dankie!

Anne-lize K - Jan 2015
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
2/5
Anne-lize K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ons het 'n dag vroeër teruggekom.

Daar is nie 'n dakkie as dit reën sodat jy kan braai nie, daar is ook nie aandete wat jy kan gaan eet as dit reën nie. Ons moes 3 keer vuur maak, want die ventilasie is nie reg nie.

Reno S - Jul 2014
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Reno S
Saam met vriende

Die vars lug en asemrowende uitsig sal my laat terugkeer na die lodge.

Dit was perfek vir 'n lekker naweekwegbreek.

Vanaf R900
per nag (plek vir 2)
Vanaf R900
per nag (plek vir 2)
Vanaf R900
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 25 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portion 22, Sterkspruit Schoemanskloof, Nelspruit, 1200, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8r25xsjqrXPpDvFONfFLacfNexHgckSkVP4nTGdo9ZtwCd6KCu?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900  per nag (plek vir 2) 20 5 1 5 Portion 22 Sterkspruit Schoemanskloof 1200 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -25.384075 30.505874
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!