Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Dreamriver Guest House

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Long-straat 38, Warrenton, 8530, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 050 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Dreamriver Guest House bied gastekamers op die oewer van die Vaalrivier in Warrenton, sowat 70 km van Kimberley af. Die gastehuis is die ideale basis vanwaar gaste die besige stadslewe kan ontsnap, lieflike uitsigte oor die rivier gade kan slaan, en die pragtige Noord-Kaap-sonsondergange kan geniet.

Verblyf is beskikbaar in verskeie kamers, eenhede en huisies met plek vir 2 tot 6 gaste elk en elke eenheid is uniek versier.

Kamers 1, 2 en 3 is in die Middle House en kan apart deur verskillende gastegroepe of saam vir 'n groep van 6 gaste bespreek word. Elke kamer het 'n en suite-badkamer, 'n TV wat sekere DStv-kanale het, 'n yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe. Die huis het 'n volledige kombuis en oopplan-eetarea en -sitarea.

Kamer 4 en 5 is houthuisies. Elke huisie het slaapplek vir 3 gaste op 'n dubbelbed en 'n enkelslaapbank, vir 'n kind, en daar is 'n privaat badkamer met 'n stort of 'n bad. Die huisies het ook elk 'n kombuisie met basiese toebehore insluitend 'n mikrogolf, ketel, yskassie en wasbak, en 'n slim-TV. Albei huisies het 'n lieflike stoep met 'n piekniekbank. Gaste kan buite sit of hul ontbyt daar geniet en oor die tuin uitkyk.

Kamer 9 is 'n moderne en luukse selfsorgwoonstel met 'n dubbelbed, en suite-badkamer, 'n volledige kombuisie met 'n mikrogolf, oond, stoof, yskas en ketel, en 'n oopplan-leefarea met etenstafel, sitarea en 'n slim-TV. Dit het 'n tweede kamer met 2 enkelbeddens wat die eenheid ideaal vir 'n gesin van 4 maak. Die eenheid is langs die swembad en lapa met braaigeriewe.

Dreamriver het 'n omsetter en 'n sonkragstelsel sodat gaste nie aan die ongemak van beurtkrag blootgestel word nie. ’n Boorgat met Jo-Jo-tenks en drukpompe verseker ook dat gaste nie ’n watertekort sal ervaar nie.

'n Heerlike ontbyt en ander maaltye kan van die a la carte-spyskaart bestel word. Maaltye kan in die privaatheid van gaste se kamers bedien word of kospakkies kan ook gereël word. Die kombuis sluit om 18:00 en gaste moet dus seker maak dat hulle betyds arriveer indien hulle aandete wil nuttig.

Die gastehuis het gratis en onbeperkte WiFi, 'n swembad en braaigeriewe. Wasgoeddienste en veilige onderdakparkeerplek is beskikbaar.

Gaste kan visvang, kanovaar en voëlkyk by die rivier. Daar is inwonende hoenders, eende en perde, asook 4 witspringbokke op die perseel.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Piekniek-middagete
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Blaaibord
  • Televisie
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 26 resensies vir Dreamriver Guest House
Netheid
4.9/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.7/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Suria Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 26

Jaar gelys 9

Ligging

  • Long-straat 38, Warrenton, 8530, Noord-Kaap
  • Gaste dink Dreamriver Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Warrenton Noord-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 050
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 050
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Long-straat 38, Warrenton, 8530, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa84a5b6e9bb66a9bb6caa292e62d6e7119ea1b8ccaf146491c4e4a953fa6739a689c3bde1b2b63d6c554f00e7d8596522653?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 050 per nag, vir 2 mense 26 5 1 5 38 Long Street Warrenton 8530 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -28.1010009 24.8547617
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem