Drie Palms Nr 4
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lilliecrona Boulevard, , Margate, 4276, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R800 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Geniet die asemrowende en onbelemmerde see-uitsigte vanaf hierdie drieslaapkamer-seefronteenheid. Ontspan saam met jou familie en neem ongelooflike vakansie-herinneringe huis toe.
Stap direk uit die kompleks uit op ‘n privaat strand. Kleuters geniet dit veral omdat daar rotspoele met klein vissies in is. Of, stap so 300 meter na Lucien-strand, ‘n Blouvlagstrand, waar jy kan swem of branderplank ry.
Die groot stoep verskaf die ideale braaiplek waarvandaan mens die dolfyne en walvisse in die water kan sien baljaar, afgeëts teen ‘n asemrowende sonsondergang.
Die eenheid bied 3 slaapkamers met 2 badkamers en akkommodasie vir 'n maksimum van 8 gaste. Die hoofslaapkamer het ‘n koninggrootte-bed met 'n en suite-badkamer. Dan is daar ‘n dubbelbed in die tweede kamer en slaapplek vir 3 in die derde slaapkamer. Die selfsorg-eenheid bied verskeie geriewe insluitend DStv en veilige parkeerplek vir 2 voertuie. Een van die parkeerplekke is onderdak.
Slaapplek
’n Bespreking by Drie Palms Nr 4 sluit in:
Opsomming van Resensie
Ligging
- Lilliecrona Boulevard, , Margate, 4276, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Drie Palms Nr 4 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Manaba Beach Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lilliecrona Boulevard, , Margate, 4276, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom