Onrus Akkommodasie by Droomvanger | LekkeSlaap
+28

Droomvanger

2 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R2 200 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Greenstraat 13, Onrus , 7201, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Droomvanger is in Onrus, 'n dorpie 8km vanaf Hermanus. Die huis is slegs 250 m vanaf Onrus se hoofstrand en strandmeer geleë.

Daar is slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Daar is 2 slaapkamers wat elk 'n dubbelbed het, met die derde kamer wat 2 enkelbeddens het. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die aparte badkamer het bad- en stortgeriewe.

Die kombuis is met 'n stoof, oond en warmlaai, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei, breekware, wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser toegerus. Daar is ook 'n ingeboude braaiplek in die leefarea. Die eetkamertafel het sitplek vir 8 mense en die sitkamer het gemaklike banke.

Die leefarea lei na 'n lieflike onderdak-stoep met 'n buitetafel. Daar is 2 vuurputte en 1 buitebraai. Daar is 'n stoep met 'n uitsig oor die omheinde tuin met melkhoutbome en 'n groot grasperk . Parkeerplek vir 4 motors is op die perseel beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Droomvanger sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 2 resensies vir Droomvanger
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Greenstraat 13, Onrus , 7201, Wes-Kaap
  • Gaste dink Droomvanger het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Greenstraat 13, Onrus , 7201, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAXfYduEKPRJzkr7z2vxWT1Mv4Vg5rG0jYOJZ31bGB2jsdJsD8eV?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 200  per nag (plek vir 6) 2 5 1 5 13 Green Street Onrus 7201 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 11:00 -34.417497539487 19.175703329554
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za