Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Du Vlei

  • Kapasiteit: 42 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vleisbankplaas, Hermon, Riebeek Kasteel, 7308, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R850 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Albert en Thereza du Toit verwelkom jou by Du Vlei. Ervaar die unieke, warm gasvryheid van die platteland in die hartjie van die Swartland. Du Vlei is 7 km van die skilderagtige Riebeek-Kasteel af, op die oewer van die Bergrivier.

Die oorspronklike groot plaashuis wat terugdateer na 1704, is in 4 ruim, ten volle toegeruste selfsorg-eenhede met stortbadkamers omskep. Die kombuis in elkeen van die 4 eenhede is goed toegerus. Elke eenheid het ook 'n leefarea en Viognier, Pinotage and Shiraz het elkeen 'n TV met 18 OpenView-kanale. Pinotage en Shiraz het elkeen 2 badkamers.

Die ou wynkelder, harnas-, meul- en melk-kamers is in luukse gastekamers omskep. Daar is 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe in elke kamer. Gaste het ook toegang tot 'n klein, gemeenskaplike kombuis.

Ontspan op die stoep en beleef die asemrowende uitsigte op die berge en oor die Bergrivier en die wingerde met die ongelooflike klank van visarende wat in die agtergrond roep. Kinders kan lekker speel in die groot tuin met sy uitgestrekte grasperke en swembad.

Die eienaars het 'n nuwe padstal en restaurant oopgemaak en gaste is welkom om daar besoek af te lê. Dit is op die R46 tussen Riebeek-Kasteel en Hermon geleë. Ontbyt en middagete word daagliks tussen 08:00 en 15:00 bedien, behalwe op Dinsdae. Du Vlei het 'n klein funksie-venue vir spesiale geleenthede en kan tot 120 gaste akkommodeer, en vir konferensies 50 gaste.

Di Vlei is slegs 75 km vanaf Kaapstad, 1 uur vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe en 'n paar minute se ry van verskeie trouvenues en wyn-/olyf-landgoedere af.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Blaaibord
  • Internet
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 81 resensies vir Du Vlei
Netheid
4.4/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.3/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Thereza Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 81

Jaar gelys 11

Ligging

  • Vleisbankplaas, Hermon, Riebeek Kasteel, 7308, Wes-Kaap
  • Gaste dink Du Vlei het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R850
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R850
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 42 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vleisbankplaas, Hermon, Riebeek Kasteel, 7308, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc0ZTZiZmM1LWQ2NjctNDc1MC05NDYwLTU5MWViNWM1ZDNkMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag, vir 2 mense 81 5 1 5 Vleisbank Farm Hermon 7308 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.432558544497 18.954672215939
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem