Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Duifieklip

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hannasbaaisingel 18, Hannasbaai, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 600 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Duifieklip is 'n seefront-strandhuis in Hannasbaai, St Helenabaai. Dit is klipgooi vanaf die hoogwatermerk en stapafstand vanaf die huis deur die veld-tuin na die strand.

Duifieklip is ideaal vir groepe van tot 6 volwassenes en gesinne met kinders.

Die huis het 3 slaapkamers met dubbelbeddens en 4 badkamers. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer is op die boonste verdieping en het elk 'n en-suite badkamer met 'n stort. Die derde kamer is op die grondverdieping en het ook 'n en-suite badkamer met ’n bad, en 'n stort in die gaste-badkamer reg langsaan.

Daar is nog 2 addisionele losstaande enkelbeddens in die anneks langs die TV-kamer op die boonste verdieping.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n gasstoof, elektriese oond, yskas, mikrogolfoond, koffiemasjien, Nespresso-koffiemasjien en skottelgoedwasser, potte, panne, eetgerei en ander kookgerei.

Die wasmasjien, tuimeldroër en 'n addisionele yskas is in die motorhuis.

Daar is 'n 8 KVA omsetter en 10 KVA batterye om die impak van beurtkrag te verminder.

Die eetarea beskik oor 'n ruim etenstafel en sluit aan by die sitkamer. Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met 'n ingeboude braai en stoepmeubels. Die stoep bied 'n uitsig oor die veldtuin en strand waar ’n groot aantal voëlspesies te siene is. Die gelukkiges mag selfs dolfyne, walvisse of robbe vanaf die huis sien.

Die voëls (meer as 90 spesies) in die onmiddelike omgewing sluit in ‘n verskeidenheid Duikers (3 spesies algemeen) en Sterretjies (minstens 4 spesies), heelwat Tobies en Somer-besoekers. Ook talle veldvoëls in die tuin. En onder andere 5 Lewerik-spesies in “Hannasbaai-koppies” agter die huis.

Gaste het toegang tot DStv Explora Premium-pakket, Netflix en onbeperkte internet.

Die huis met sy uitsonderlike ligging en toegang tot die strand, poele en rotse, is besonder kindervriendelik. Dit is ‘n ideale familie-bestemming, waar gaste met die intrapslag kan tuis voel.

Die eiendom is nie troeteldiervriendelik ingerig nie, maar versoeke word geredelik oorweeg.

Daar is verskeie restaurante en winkels in die omgewing. Aankope kan gedoen word by die Spar, sowat 1 km van die huis af en probeer gerus die vis-en-chips by BP Marine wegneem of ontbyt by die See Ster Restaurant by die Palm-sentrum.

Doendinge in die omgewing sluit in kajakroei, voëlkyk, voetslaan, draf, visvang, swem, duik en bergfietsry . Daar is ook verskeie plekke om te besoek; insluitend Velddrif se bokkombedryf en die plaaslike restaurante, bootritte op die Bergrivier, of die fossielpark op die Hopefieldpad.

Slaapplek

’n Bespreking by Duifieklip sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Verekombers
  • Elektriese kombers
  • Waaier
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 55 resensies vir Duifieklip
Netheid
4.8/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Hannasbaaisingel 18, Hannasbaai, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Gaste dink Duifieklip het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 600
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R2 600
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hannasbaaisingel 18, Hannasbaai, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA375e565d1e4779253dcacc9a58ec497d08b794f696e732977043cd00a1032aa916b4511dbc0271885315672e695f608362f2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 600 per nag (plek vir 6) 55 5 1 5 18 Hannasbaai Crescent Hannasbaai 7390 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -32.753146 18.019635