Dullstroom Backpackers
Beskrywing
Dullstroom Backpackers bied ideale en gehalteverblyf vir natuurliefhebbers en visvang-entoesiaste. Dit is 'n gerieflike plekkie indien jy die omliggende area wil verken.
Die verblyf bied gemaklike slaapplek, beeldskone uitsigte vanuit die houthuis, 'n ruim, algemene ontspanningsarea met 'n kroeg, 'n TV en 'n kleikaggel vir geselligheid en gratis WiFi. Verder is daar ook gasverwarmers vir warm water, fonteinvars boorgatwater en 'n kragopwekker is ook beskikbaar.
Alle rugsakreisigers, fietsryers, kunsvlieghengelaars, rotsklimmers, avonturiers, voëlkykers en natuurliefhebbers is welkom.
Dullstroom Backpackers is 800 m vanaf die hoofstraat en na aan verskeie winkels, restaurante en kroeë in Dullstroom. Dit sluit onder meer 'n Whiskey-proelokaal, boetiek-brouery met gratis proesessies, gin-proe en musiek by Mamma Mia, Clock Shop, Mayfly Restaurant, Village Angler en vele meer in.
Daar is direkte bergfietsroetes vanaf Dulstroom Backpackers. Hier kan jy ook verskeie voëlspesies besigtig en daar is vlieghengeldamme binne loopafstand.
Kenmerke
- Afrikaans
- Braaiplek
- Veilige Parkering
- Gratis WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- ADSL-lyn
- 24-uur Ontvangs
- Kroeg
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Dullstroom Backpackers gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |