Dumela Flat 14

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dumela Flat 14 is in die Dumela Vakansieoord in Margate aan die wonderskone Hibiskus-kus geleë. Die streek is veral bekend vir sy vriendelike mense. Dumela-vakansieoord is trots om te meld dat ons een van die beste gesinsoorde aan die Natalse suidkus is, met verskeie geriewe op ons perseel. Ons bied 'n pragtige area wat uitkyk oor Margate se goue, noordelike strand met sy haainette en warm Indiese Oseaan-water. Daar is ook 'n gesinswembad, peuter-plonspoel, 'n kuierarea met 'n grasdak en braaigeriewe.

Hierdie woonstel is op die eerste vloer geleë en dit beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n balkon en tuin-uitsigte. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer bevat 'n dubbelbed. Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas, 'n stoof, 'n oond en 'n mikrogolfoond. Daar is 'n sitkamerstel en 'n TV in die leefarea. Bababedjies is beskikbaar op versoek teen geen ekstra koste nie.

Daar is veilige onderdakparkeerplek en 'n area waar jy self jou motor kan was. Ander geriewe sluit in: 'n sauna, 'n gimnasium, 'n sonbed, 'n trampolien, 'n speelgrond, 'n veerpyltjiebord, tafeltennis- en pooltafels. Daar is ook 'n wegstuur-wasgoeddiens beskikbaar wat sal verseker dat jou wasgoed gewas en gestryk word op dieselfde dag.

Alhoewel die area bekend is as die Hibiskuskus, is dit ook bekend as die Gholfkus. Daar is 6 pragtige gholfbane binne 'n halfuur se ry.

Slaapplek

'n Bespreking by Dumela Flat 14 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dumela Flat 14 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za