Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Dumela Flat 2

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Manaba Beach Rd & Marine Drive 1, Manaba, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Dumela Flat 2 is in die Dumela Vakansieoord in Margate aan die wonderskone Hibiskus-kus geleë. Die streek is veral bekend vir sy vriendelike mense. Dumela Holiday Resort is een van die beste gesinsgeoriënteerde oorde aan die Natalse Kus. Ons het verskeie geriewe op die perseel. Dit sluit in 'n patio wat oor die goue strand van Margate uitkyk wat ekstra veilig is met haainette en waar jy in die warm Indiese Oseaan kan baljaar. Die patio het 'n swembad, 'n plonspoel vir die jongspan, 'n kuierarea en braaiplekke.

Die woonstel is op die grondvloer geleë en dit kyk uit op die speelarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 stapelbeddens. Daar is 'n tweede gedeelde badkamer. Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en daar is ook 'n eetkamerarea met stoele vir 4 gaste. Die woonstel beskik oor 'n sitkamerarea waar gaste kan ontspan en TV kan kyk.

Hope pret wag op jou met al die geriewe wat ons op die perseel het! Buiten die swembad is daar ook 'n sauna, 'n gimnasium, 'n sonbed, 'n klein tennisbaan, 'n speelarea met 'n trampolien, 'n vermaakkamer met 'n pooltafel, 'n veerpyltjiebord en tafeltennis. Daar is 6 pragtige gholfbane binne 'n halfuur se ry en nog vele meer 1 uur se ry van ons af. Daar is 'n Spar-supermark, 'n drankwinkel en 'n apteek binne stapafstand van ons af.

Slaapplek

’n Bespreking by Dumela Flat 2 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Stapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 4 persone
2 xStapelbed

Opsomming van Resensie

3.6 uit 5van 5 resensies vir Dumela Flat 2
Netheid
2.8/5
Diens
3.8/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.2/5
Waarde vir geld
3.2/5

Ligging

  • Manaba Beach Rd & Marine Drive 1, Manaba, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Dumela Flat 2 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Manaba Beach Rd & Marine Drive 1, Manaba, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ4NzkwYmQyLTRhZjQtNGQyZS04ZGNmLWE2NjU4MjQ5Njc3Ng?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 4) 5 5 1 4 1 Manaba Beach Road & Marine Drive Manaba 4275 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.854073675805 30.378524614156